Hallelujah Namibie
Op 4 November 2017 word Hallelujah Namibië, as 'n nasionale geleentheid van lof en aanbidding by Vegkop Stadion by WHS aangebied. Ons is opgewonde om Namibiese kunstenaars daar te verwelkom bv. Maranatha Goroh, Ponti Dikuua en die Collective Singers, asook Clive Willemse van die NOW generation. Ons sal ook saam met Suid-Afrikaanse gunstelinge die Here loof, bv. Louis Brittz, Retief Burger, Louis Loock, Juanita du Plessis, Elvis Blue, Rouchelle Liedeman, Neville D en die sangpaar Anders. Kry gerus jou kaartjie betyds by www.webtickets.com.na of by PnP-winkels in die land.
Maranatha is 'n opkomende ster in Namibië, met 'n kragtige en unieke stem. Sy het in die veld van Openbare Verhoudinge aan die Universiteit van Namibië studeer. Sy het reeds van 2013 af in haar sangloopbaan opgang gemaak en die verhoog gedeel met sterre soos Rebecca Malope en Benjamin Dube. Sy het ook reeds twee toekennings gewen by die jaarlikse Namibiese Musiektoekennings in 2017.
Maranatha sing graag gospel-liedere en voel ook dat sy nie 'n vermaaklikheidskunstenaar wil wees nie, maar dat sy mense geestelik wil bedien deur haar sang. Haar eerste musiek album is in 2016 uitgebring, genaamd “Smile”, en daarmee streef sy om haar persoonlike leuse uit te leef, naamlik “Plaas God eerste in jou lewe en jy sal sukses behaal”.
Die hekke by Hallelujah Namibië maak 4 November om 15:00 oop, dan is almal welkom om in 'n heerlike atmosfeer iets te ete en te drinke te kom koop.
Die goue sirkel-sitplekke is beperk en spesifieke sitplekke word bespreek by www.webtickets.com.na, dus moedig ons almal aan om so gou as moontlik hul plekke te bespreek! Die oop sitplek-area is groot en ruim, almal sal gemaklik 'n plekkie kry! Kinders en pensioenarisse kan kaartjies koop teen 50% afslag! Ons sien julle by Hallelujah Namibië!!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie