Hallo, lente!
Hallo, lente!

Hallo, lente!

Terwyl weerkenners meen La Niña-weerstoestande ontwikkel tans, hou die eerste lentemaand glo goeie reënvooruitsigte in.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Hoewel Lentedag na verwagting met vars tot sterk winde oor die binneland sal aanbreek, blyk dit moontlik ’n voorloper vir die eerste lentereën in die Suide te wees.

LandWater, 'n nieregeringsorganisasie wat satellietfoto's wetenskaplik analiseer en interpreteer, sê wat die suide van Namibië betref, lyk reënvooruitsigte belowend oor die volgende week en langer.

“Sekere gebiede in Botswana, asook groot dele van Suid-Afrika, sal na verwagting ook reën vanaf dié stelsel ontvang.

“Die reën sal kom van ’n inkomende frontlyn na die Kaap, wat reeds vanaf gister (Maandag) laer-volume reën oor die suidpunt van die vasteland begin instoot het, maar dit is die bolug wat later waarskynlik vir beter reënneerslae gaan sorg.

“Die seisoenale oorgang vanaf die winter na die lente lewer rééds geskenke, met September wat nie op haar gaan laat wag nie,” het LandWater geskryf.

Môre se winde word egter beskryf as ’n geweldige storm- of rukwind wat vanaf sentraal Namibië wyd oor Suid-Afrika kan voorkom en ’n sterkte van tot 103 km/h op plekke kan bereik.

LandWater sê verder boontoe oor die noordoostelike dele van Suider-Afrika kan vroeë lentereën dalk ook te voorskyn kom, met ’n reënwolk wat homself volgens satellietdata diagonaal oor die vasteland vestig.

LA NIÑA-WAARSKUWING

Terselfdertyd het die Australiese Buro vir Meteorologie op 18 Augustus sy Enso-uitkykstatus amptelik van ’n La Niña-wag na ’n La Niña-waarskuwing verander.

Terselfdertyd dui weermodelle aan dat negatiewe Indiese Oseaan-dipool (IOD)-drempels teen die lente bereik kan word. Dit is goeie nuus vir ’n natter reënseisoen in Suider-Afrika.

Die buro sê die kanse dat ’n La Niña reeds in September of teen Oktober vanjaar sal vorm, het nou van 50% na 70% gegroei – sowat drie keer die normale waarskynlikheid.

Mnr. Johan van den Berg, landbouweerkundige-konsultant by Santam Suid-Afrika, het vroeër gesê die dreigende La Niña-toestande tesame met ’n negatiewe IOD bied ’n “baie positiewe vooruitskouing vir somerreën”.

Van den Berg sê as daar na die geskiedenis gekyk word toe soortgelyke weerstoestande ontstaan het, is bonormale reënjare en selfs vloede ervaar. “Die jare toe beide 'n La Niña, asook 'n negatiewe IOD gevorm het, was 1974, 1989 en 2010,” het hy gesê.

Lees meer hieroor in die jongste uitgawe van Die Boer. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!