Hallo, Steve – koebaai, Steve
Ek moet bieg.
Ek het Steve Hofmeyr in Agter elke man en vir lank daarna weens sy ongelooflike talent baie ernstig opgeneem.
Met die “Blou Bul”-liedjie en al jou raakvattreffers gedink jy's koel. Jy het 'n groot stem!
Sedertdien het ek jou omstredenheid oorkant die Gariep en elders maar net so hier en daar gevolg. Skraps dus. Vir sekere joernaliste is daar ongelukkig belangriker nuus.
Maar toe kom sing jy “Die Stem” op Namibiese bodem.
Nee, dis nie Suidwes-Afrika of Suidwes nie.
Vir daai wat nog dink ons is 'n vyfde provinsie, en op hul kleiner dorpies en groter kokonne uit volle bors saam wil sing, sluk die nostalgie.
(Jy reken Orania is 'n goeie roep vir 'n tuisland. . . Hier in Namibië is van ons lankal gelukkig tuislandloos. Ongelukkig kan ek nie praat vir dié wat dalk anders dink nie. Ons het een land waarin elkeen 'n verskil maak. Liggelowiges, maak 'n nota.)
Mnr. Utoni Nujoma, hou tog asseblief vir Steve dop dat hy nie 'n tuisland in “Suidwes” kom probeer koop nie.
Hoe ook al.
Enigeen kan seker die ou “Stem” sing waar hulle wil, maar as jy dit op 'n verhoog doen, is dit in die openbaar. Vir almal wat vertel hoe lekker hulle saamgesing het, besef hoekom ander Namibiërs 'n knop in die keel kry wat niks met trots te doen het nie.
Ek sal nie in ons land “Die Stem” sing nie.
Emosionele intelligensie?
Jy is op openbare verhoë.
Net 'n mooi gedig, sê ondersteuners. Deur Oom Neelsie.
In 1918 kon hy geen idee gehad het hoe sy woorde gebruik sou word nie. . .
Toe Hoffmann von Vallersleben in 1841 op die wysie van Joseph Haydn “Deutschland, Deutshland über alles” getoonset het, was dit ook 'n baie mooi wysie.
Steve, dalk sing jy daai een ook tuis? By jou braaivleisvuur.
Daarvan het een versie ook in die slag gebly.
Aan elke sogenaamde Namibiër wat “Die Stem” by jul braaivleisvuur sing. Doen so, dis jul reg op vryheid van uitdrukking.
Solank jul langs my in die openbaar kan staan en “Land of the Brave” en “Let us unite and celebrate together” (dis die lied van die Afrika-unie) kan sing sonder om met 'n bek vol tande te staan of die woordjies halfhartig vanaf 'n uitgedeelde pampiertjie probeer uitwurg.
Alle deuntjies op 'n stokkie.
Steve, jy met jou mooi stem wat so baie mense aanraak, het op Bookface vir iemand wat jou gekritiseer het, gesê jy beny “niks” van sy kultuur nie.
Daai stukkie kommentaar het vir my al jou koelgeit uitgewis. One time.
Totale onverdraagsaamheid.
Rooi Gevaar. Swart Gevaar. Alles Gevaar.
(Sekere joernaliste het belangriker werk.)
En toe soek ons tuis vir jou op Boekface en Twieter en sien hoe toegeklamp jy en al jou “fens” in jul rassisme en oorlogstokery is en die uitvee van enige stemme wat anders dink. Met soveel vloekwoorde as moontlik.
Hoekom moet die mense wat julle verbaal opgedonder het – saam met al die ordtenlikes van ons wat nie eers in die debat betrokke wil raak nie – dan enigiets van “julle” kultuur waardeer?
Ook nie van my en baie van ons s'n nie.
Oorlogstoker, nuwe Ossewabrandwag, maak nie saak hoe kamma koel jy vir sommige is nie.
'n Nuwerwetse Ant Stienie sal dalk iets geprewel het soos “Pampoen”, en jou met die woord saam op jou moer gegee het soos op die kassie in die laat tagtigerjare.
Ant Stienie van die arm, wit voorstede.
Kwaai tannie gewees, in beide betekenisse van die woord. Om nie te vergeet hoeveel swaarder al die baie meer swart en bruin Ant Stienies en hulle uitgebreide families toe en vandag nog kry nie. . .
Dis hoe dit is.
Kom sing gerus weer. Maar los “Die Stem” en die politiek liefs tuis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie