Hamas, Israel stem in tot skietstilstand
’n Skietstilstand heers in die beleërde Gasastrook.
Reuters berig Hamas, die Islamitiese groep wat die Gasastrook beheer, en Israel het laat Dinsdag opgehou met aanvalle op mekaar.
Die skietstilstand is blykbaar deur bemiddelaars van Egipte bewerkstellig.
Soos vroeër berig het die Verenigde Nasies die situasie Dinsdag as “uiters gevaarlik” bestempel, nadat Hamas Maandag hul intensiefste bombardering van Israel sedert die Gasa-oorlog in 2014 uitgevoer het.
Die BBC berig sedert die opvlam van aanvalle het Palestyne sowat 460 vuurpyle en mortiere na Israel afgevuur. Israel het in reaksie daarop lugaanvalle op 160 militêre teikens uitgevoer.
GEHEIME OPERASIE
Die verskerpte aanvalle het gekom nadat ’n geheime operasie van die Israelse weermag in Palestina Sondag bekend geword het waartydens sewe Palestyne en een Israeli dood is.
Albei kante het dit duidelik gemaak dat die skietstilstand nie lang termyn is nie.
Al Jazeera berig Hamas sê hulle sal die skietstilstand respekteer solank as wat Israel dieselfde doen. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie