Hamunyela wen 80 km resies by Dordabis
Hamunyela wen 80 km resies by Dordabis

Hamunyela wen 80 km resies by Dordabis

Padfietsry
Andrew Poolman
Nadat die Team Kia Elite fietsry­span vanweë onvoorsiene omstandighede die samestelling van sy span moes verander, het een van sy nuwe aanwinste laas naweek die vyfde resies in die Nedbank-reeks van Windhoek Pedal Power gewen.

Jo-Joe Hamunyela was eerste oor die eindstreep na afloop van die 80 kilometer resies wat op die Dordabis-pad gehou is. Vyf jaers het saam-saam klaargemaak, met die subveteraan Jacques van Zyl, die elite mansryer Xavier Papo en subveteraan Gerhard Mans wat almal deur breukdele van 'n sekonde geskei is.

'n Lastige wind van voor het toenemend gepla toe die ryers die halfpadmerk bereik en teruggedraai het om weer by die beginpunt te gaan klaarmaak. Hitte was ook 'n faktor, maar dit het nie verhinder dat die voorste manne enduit 'n warm tempo gehandhaaf het nie.

Team Kia Elite moes verlede week vir Jo-Joe Hamunyela en André de Klerk betrek om in die spankompetisie voltallig te bly. Dit was tydens Windhoek Pedal Power se spesiale vensterperiode van drie dae waartydens spanne ongeregistreerde ryers vir die oorblywende drie byeenkomste in die Nedbank-reeks kon byvoeg.

Schalk van der Merwe se afwesigheid vir Team Kia was net tydelik terwyl hy aan die wêreldkampioen­skap in Noorweë deelgeneem het, maar die belowende Brandon Plaatjes het na verneem word vanweë persoonlike omstandighede besluit om nie meer ernstig fiets te ry nie.

Dit is nogal 'n terugslag, gesien in die lig dat hy in 2015 by die Afrika-bergfietskampioenskap in Rwanda die silwermedalje vir junior mans ná sy landgenoot Tristan de Lange ingepalm het.



Die individuele uitslae was:

ELITE MANS

1 Jo-Joe Hamunyela 2:06:05

2 Xavier Papo 2:06:05

3 Andreas Ewald 2:06:06

4 Ingram Cuff 2:06:07

5 André de Klerk 2:06:08

6 Chiponeni Fiffy Kashululu 2:06:09

7 Drikus Coetzee 2:06:10

8 Petrus Lotto 2:09:07

9 Horst Neumann 2:09:37

10 Adriaan Maartens 2:09:38

ELITE VROUE

1 Michelle Doman 1:29:46

2 Ester Smith 3:23:55

JUNIOR VROUE

1 Steffanie Grossmann 1:38:26

2 Tanya Mackensen 1:46:29

ONDER 23 MANS

1 Danzel de Koe 2:06:28

2 Diego Izaaks DNF

JUNIOR MANS

1 Alex Buchner 2:06:07

2 Marcel Holtz 2:06:11

3 Hofmeyr van Blerk 2:11:09

SUBVETERAAN MANS

1 Jacques van Zyl 2:06:05

2 Gerhard Mans junior 2:06:05

3 Des Doman 2:06:06

4 Pierre Knoetze 2:06:08

5 Cobus Smit 2:06:10

SUBVETERAAN VROUE

1 Maike Bochert 1:35:45

2 Adele Conradie 1:37:20

3 Vicky Vosloo 1:38:28

4 Nelia Landsberg 1:46:58

5 Serenzia van der Merwe 1:58:02

VETERAAN MANS

1 Hans du Toit 2:06:08

2 Allan Vivier 2:06:08

3 Nick du Plessis 2:06:08

4 George Thiele 2:06:13

5 Clinton Hilfiker 2:06:16

VETERAAN VROUE

1 Anneke Steenkamp 1:29:46

2 Michaela Ham 1:35:47

3 Karen Munting 1:35:52

4 Patricia Hoeksema 1:38:25

5 Antje Tietz 1:38:32

MEESTERS MANS

1 Johann Liebenberg 1:32:02

2 Klaus Schade 1:50:59

MEESTERS VROUE

1 Barbara Ackermann 1:45:57

2 Mandy Huysamen 1:53:04

3 Karin Brockman 1:58:12

GROOTMEESTERS MANS

1 Hans Drobisch 2:05:45

B-KATEGORIE MANS

1 Sarel Boshoff 1:32:12

2 Paul Munting 1:32:25

3 Mark Brinkmann 1:33:07

B-KATEGORIE VROUE

1 Suleika Heigan 1:14:33

2 Hester Cuff 1:16:41

3 Ingrid Scholtz 1:19:24

ONDER 16 SEUNS

1 Dieter Koen 1:29:30

2 Divan du Plooy 1:29:41

ONDER 14 SEUNS

1 Justin Vosloo 1:29:24

2 Bergran Jensen 1:29:34

ONDER 14 MEISIES

1 Monique du Plessis 1:08:24

ONDER 12 SEUNS

1 Kevin Lowe 1:04:53

2 Nicholis du Plessis 1:11:59

3 Yenik Brinkmann 1:14:29

4 Jaden Scholtz 1:19:26 4

ONDER 12 MEISIES

1 Adrielle Baumgarten 0:31:59

ONDER 10 SEUNS

1 John Esterhuizen 0:37:13

• In die spankompetisie waarin elkeen se eerste drie ryers se tye in ag geneem word, het Team Kia Elite ook naelskraap die botoon gevoer om sy voorsprong ná twee byeenkomste te behou.

Die huidige stand van die manspanne is:

1 Team Kia Elita (Jo-Joe Hamunyela, André de Klerk, Cobus Smit, Drikus Coetzee, Fanie Steenkamp).

2 Team FLM Black (Allan Vivier, Nick du Plessis, Clinton Hilfiker, Braam Vermeulen, Herman Botma).

3 Team Get Graphics (Ingram Cuff, Christo Swartz, Horst Neumann, Adriaan Maartens, Heiko Diehl).

4 Team Cathy (Jacques van Zyl, Pierre Knoetze, Jaco Hanekom, Willie van Zyl, Jacques Celliers).

5 Team MBM Yellow (Xavier Papo, Marcel Holtz, Danzel de Koe, Tjipe Murangi).

6 Team Hollard (Gerhard Mans junior, De Wet Joubert, Phillip Steyn, Jaco Lamprecht, André Vermeulen).



Vrouespanne

1 Team R&R Importers (Michelle Doman, Anneke Steenkamp, Maike Bochert, Antje Tietz, Tersia van Zyl).

2 Team Katte (Michaela Ham, Steffanie Grossmann, Vicky Vosloo, Nelia Landsberg, Mandy Huysamen).

3 Team 5 Freunde (Serenzia van der Merwe, Dawn Adams Redelinghuys, Karin Brockman, Andrea Stier, Jana Backstorm).

• Die twee oorblywende byeenkomste in die Nedbank padfietsreeks is op die naweke van 5 en 12 November.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer