HAN vier 30 jaar in swier
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het sy groot mylpaal in die hoofstad herdenk.
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) het sy 30ste bestaansjaar Vrydagaand in swier tydens ’n galadinee met die tema “Denim en diamante” gevier.
"HAN se 30 jaar is werklik 'n mylpaal; 30 jaar gelede was Namibië nog nie eens onafhanklik nie en die toerismebedryf is as onbeduidende bedryf geag wat op die kantlyn was," het HAN se voorsitter, mnr. Shepherd Chinnoi, gesê.
"Dit is ongelooflik hoeveel in dié tydperk verander het en ek kan met sekerheid sê HAN het 'n aansienlike invloed daarop gehad."
HAN het inderdaad in 'n top- private sektor toerismeorganisasie ontwikkel met hul doelwit die bevordering van professionaliteit, kwaliteit en volhoubare groei in die Namibiese toerismebedryf.
Teenwoordig onder die sowat 250 gaste by die galadinee was HAN se stigtersvoorsitter, mnr. Johnnie Hamman, sy adjunk, mnr. Tom Mutavdzic, sekretaris mnr. Tim Parkhouse en tesourier me. Ria von Seydlitz, asook ander voormalige HAN-voorsitters.
Mnr. Tristan Böhme van Okonjima Lodge is as die hotelier van die jaar aangewys, me. Anett Kötting van Hotel Zum Kaiser as die HAN-persoonlikheid van die jaar en die besturende direkteur van Namiba Breweries Limited (NBL), mnr. Wessie van der Westhuizen, as toerismepersoonlikheid van die jaar.
Brandberg White Lady Lodge het met die louere weggestap as vanjaar se gesamentlike onderneming-lodge vir toerismebewaring.
Wat die ekotoerisme-toekennings betref, is die toeroperateur Abenteuer Afrika Safari met vyf blomme (gelykstaande aan vyf sterre) bekroon.
Die volgende lodges het elk vyf blomme verwerf: Gondwana Namib Desert Lodge, Grootberg Lodge, Hoada-kampeerterrein, Meike’s Gastehuis, Onjala Lodge, RiverDance Lodge, RiverDance-kampeerterrein, Wilderness Safaris Damaraland Adventure Camp, Wilderness Safaris Damaraland Camp, Wilderness Safaris Desert Rhino Camp, Wilderness Safaris Doro! Nawas Camp en Wilderness Safaris Kulala Desert Lodge.
Lodges wat vier blomme ontvang het, is Chameleon Backpackers & Guesthouse, Wilderness Safaris Kulala Adventure Camp en Wilderness Safaris Little Kulala Lodge. Auas Safari Lodge het met drie blomme weggestap.
HAN se vieringe het Donderdag tydens die kongres afgeskop met die sakeghoeroe, me. Saffron Baggally, wat maniere bespreek het om by ’n vinnig veranderende wêreld en werksomgewing aan te pas.
Die uitvoerende hoof van die Suider-Afrikaanse Toerismedienstevereniging (Satsa), mnr. David Frost, het ’n bespreking gehou oor hoe wetgewing en politieke besluite die toerismebedryf in Suider-Afrika beïnvloed.
HAN-lede het tydens die toerismehandelsforum bemarking- en bedryfkwessies vir die toekoms bespreek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie