Hand aan die ploeg
In Afrikaans beteken die uitdrukking hand aan die ploeg slaan om te begin werk, of werk van iets te maak.
Op Tsumeb het die bekende Tov-sentrum wat na vigswesies en weerlose kinders omsien die hand aan ‘n nuwe, dog verwante “ploeg” geslaan.
Eerwaarde Edward Amadhila, die passievolle bestuurder van die sentrum, is deur Women’s Solidarity Namibia se mediaveldtog teen babastorting gebruik aangespoor om ‘n tuiste te bied vir babas van moeders wat voel hul kan nie die mas opkom nie.
Só het die sentrum vir baba Gabriël ingeneem. Twee ander babas op Gobabis en in die Suide word ook reeds ondersteun.
Gabriël ontvang nou die liefde en ondersteuning wat hy nodig het om sy volle potensiaal te bereik, het Amadhila in gister se berig in Republikein gesê.
Talle helpende hande staan die Tov-sentrum by om Gabriël te versorg.
In tye waarin inspirasie en goeie nuus dun gesaai is, is Amadhila en sy sentrum se ingryping ‘n kosbare, navolgenswaardige voorbeeld. Die instelling doen ook uitstaande werk om sy geriewe te verbeter en selfvoorsienend te wees.
‘n Belangrike punt wat Amadhila aanroer, is baie jong moeders se behoefte om bloot oor hul probleme met iemand te gesels. Talle organisasies en ondernemings lewer reeds sulke bystand en verdien krediet daarvoor, maar alle gemeenskappe kan beslis meer doen om ‘n luisterende oor en helpende hand te bied.
Hope ander uitdagings kan met dieselfde resep aanvaar word.
Hande uit die moue. Skouers aan die wiel.
So sê ander
7 Mei 2018
‘I Did You a Great Favor When I Fired This Guy’
Let’s pause to remember what happened one year ago this week, when, on an otherwise relatively quiet Tuesday afternoon, President Trump fired F.B.I. director, James Comey.
That shocking act remains the best distillation of the mind-set of this president: He considers himself answerable to no one, and he has a peculiar notion that law enforcement should serve his political and personal interests.
Like aspiring authoritarians everywhere, Mr. Trump sees law enforcement in intensely personal terms. When the law investigates you, it’s a witch hunt; when it’s used to punish your enemies, it’s an essential tool.
Mr. Trump’s firing of Mr. Comey and his subsequent attacks on law enforcement have illuminated that the independence of the Justice Department is relatively recent, and revealed that it is more fragile than most of us imagined.
• THE NEW YORK TIMES

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie