Handelaars staan saam teen plastiek
Handelaars staan saam teen plastiek

Handelaars staan saam teen plastiek

50 sent per sak
Sanet de Waal
Augetto Graig - Pupkewitz Megabuild en sy vennoot Kaap Agri Namibië het Maandag hul ‘Breek vry van plastiek’-veldtog van stapel gestuur.

Vanaf Vrydag 14 Desember is daar by al hul winkels ‘n heffing van 50 sent op elke plastiek-inkopiesak.

Mnr. Marcel Lamprecht, besturende direkteur van die vennootskap, het Maandag gesê: “Plastieksakke besoedel ons grond en water, is skadelik vir ons wild en mariene lewe, en dra by tot klimaatsverandering.

“Dus is dit skadelik vir mense se gesondheid.”

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifta, het tydens die geleentheid gesê hy is trots op Pupkewitz Megabuild se inisiatief. Volgens hom moedig dit verantwoordelike gebruik van plastieksakke aan, en verminder die voorkoms daarvan in die omgewing.

“Hierdie veldtog verteenwoordig ten volle die ministerie se toepassing van sy ‘verminder, hergebruik, herwin’-beginsel,” het Shifeta gesê.

Shifeta soek ‘n veranderde ekonomie waarin meer omgewingsvriendelike produkte vervaardig word, hulpbronne vir so lank soos moontlik gebruik word en die hoeveelheid afval gestuur na stortingsterreine verminder word.

“Om plastiekbesoedeling te kan bekamp, moet ons almal die konsep ‘my gemors, my verantwoordelikheid’ omarm,” het die minister gesê.

Volgens hom is heffings op plastieksakke nou verbind aan die konsep.

“Dit is nie ‘n poging om lede van die publiek te straf nie, maar om ons te laat dink voordat ons ‘n plastieksak van die kassiere aanvaar.”

Shifeta het gesê die ministerie sal die publiek se reaksie op die nuwe heffing noukeurig dophou.

“Dit sal ons ook lei in die finalisering van die nasionale plastieksakheffing wat tans ontwikkel word.”

Volgens die minister word die plaaslike plastieksak-vervaardigingsbedryf in ag geneem met die toepassing van die nasionale heffing, wat reeds in 2015 voorgestel is.

Die minister het ook sy tevredenheid uitgespreek oor Megabuild en Kaap Agri Namibië se heffings wat in die Omgewingsbeleggingsfonds gestort gaan word.

“Ons moedig ander maatskappye aan om hierdie benadering te volg,” het hy gesê, maar ook gemaan dat die nasionale heffing binnekort sal volg.

Shifeta het van sy toespraak afgewyk en sy skok oor die onlangs ontbloting van onwettige houtkappery in die land uitgespreek.

Hy is ook omgekrap oor Namibiërs wat uit hul motors of langs nasionale paaie vullis stort.

Shifeta het voorts verwys na Namibië se stortingsterreine waarvan nie een amptelik erken word nie.

“Ek het vanjaar verneem al die stortingsterreine is onwettig,” het hy gesê, “maar 11 stortingsterreine is gereed om in die Staatskoerant bekend gemaak te word. ‘n Veldtog sal dan begin word om die res aan te moedig om ook aan die wet te voldoen.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!