Handelsoorlog 'is nou 'n werklikheid', sê Fitch
Die kredietgradeerder sê hy verwag die geskil tussen die VSA en China gaan groei benadeel.
Die handelsoorlog tussen die VSA en China is volgens die kredietgradeerder Fitch Ratings nou ’n werklikheid.
Dit is volgens Brian Coulton, hoofekonoom van Fitch.
Die gradeerder sê in sy nuutste vooruitsig vir wêreldekonomiese groei hy verwag nou groei van 3,1% in 2019. Dit is 0,1% laer as wat hy voorheen verwag het.
Fitch sê hy verwag die geskil tussen die VSA en China is wat groei gaan benadeel.
In die nuutste verwikkelinge het die Trump-regering daad by die woord gevoeg en invoertariewe op $200 miljard se Chinese goedere van Maandag 24 September af ingestel.
Pres. Donald Trump het ’n week gelede aangekondig hy gaan dit doen.
China het uit weerwraak tariewe op $60 miljard se Amerikaanse goedere ingestel.
Die Chinese regering het boonop Dinsdagoggend vroeg aangekondig hy gaan nie voort met handelsgesprekke met die VSA nie.
Wang Shouwen, China se adjunkminister van handel, sê dit hang nou heeltemal van die VSA af wanneer gesprekke hervat sal word. Hy sê die VSA sal nie sy opinies en besluite in China se keel afdruk nie.
Trump het teen die raad van sakeleiers en ekonome voortgegaan met sy plan om China te konfronteer oor wat hy as onregverdige handelspraktyke en die misbruik van Amerikaanse intellektuele eiendom beskryf.
Pres. Xi Jinping van China weier egter om terug te staan en het onderneem om ’n stimulusplan te skep om die impak van die twis op die Chinese ekonomie teen te werk.
Trump het gewaarsku dat sou China stappe teen die nuutste tariewe doen, hy tariewe op ’n verdere $267 miljard se Chinese invoergoedere sal hef.
Dit beteken dat tariewe op alle goedere uit China na die VSA gehef kan word.
Trump het verder gewaarsku dat tariewe van 10% wat tans op die $200 miljard se goedere gehef word, tot 25% in Januarie verhoog gaan word sou China nie bereid wees om toegewings te maak nie.
Lindsay Walters, woordvoerder van die Withuis, sê in ’n verklaring die Amerikaanse regering is steeds bereid om te onderhandel.
“Pres. Trump het ’n uitstekende verhouding met pres. Xi en ons spanne voer gereëld gesprekke sedert pres. Trump as president ingehuldig is,” sê sy.
“Ons bly ontvanklik vir voortgesette gesprekke met China, maar China moet sinvol aan gesprekke oor die onbillike handelspraktyke deelneem,” sê sy. – Bloomberg, verwerk/ Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie