Handelsoorlog tussen VSA, China afgeweer
Die dreigende handelsoorlog tussen China en Amerika wat die internasionale gemeenskap tot groot onrus gestem het, is voorlopig verhoed ná samesprekings tussen Beijing en Washington.
China sal sy aankoop van Amerikaanse goedere “aansienlik verhoog” het die Withuis in 'n verklaring gesê.
Op sy beurt het Beijing se spesiale gesant by die samesprekings tussen die VSA en China gesê 'n handelsoorlog tussen die wêreld se twee grootste ekonomieë is afgeweer.
'n Gesamentlike verklaring is deur die Withuis uitgereik ná die samesprekings. Die verklaring plaas egter nie 'n dollarwaarde op die verhoogde aankope deur China nie en dit maak ook nie melding van 'n opmerking van pres.
Vise-pemier Liu He, 'n spesiale gesant van China se president Xi Jinping, het aan joernaliste in Washington gesê dat samesprekings met Steven Mnuchin, die VSA se minister van finansies, Wilbur Ross, minister van handel, en Robert Lighthizer, die VSA se handelsgesant, uitgeloop het op 'n belofte om nie in 'n handelsoorlog betrokke te raak nie.
Liu sê albei lande het ooreengekom om op te hou om mekaar met nuwe invoertariewe te peper.
Hy het bygevoeg sy besoek was “positief, pragmaties, konstruktief en produktief”.
Die twee lande het onderneem om hul samewerking op gebied soos energie, handel, gesondheidsorg, tegnologie en finansies uit te brei, 'n “wen-wen-keuse” vir albei lande.
Volgens die verklaring het China daartoe ingestem om “betekenisvol hoër” invoer van Amerikaanse landbou- en energie-goedere toe te laat en dat die besonderhede later uitgewerk sou word.
Hoewel daar steeds 'n lang pad voorlê wat die spesifieke toegewings betref, sal die aankondiging dat 'n handelsoorlog afgeweer is, waarskynlik gister 'n hupstoot aan wêreldmarkte gee, sê Shane Oliver, hoofbeleggingstrateeg by AMP Capital Investors in Sydney.
“Beleggers was bekommerd en Amerikaanse maatskappye wat in sektore soos energie, landbou, vervaardiging en dienste bedrywig is, en wat blootstelling aan China het, sal baatvind by die nuus.”
Dit is egter ook 'n groot positiewe faktor vir Asië gegewe die voorraadketting wat Chinese maatskappye met markte in die VSA verbind, sê Oliver.
“Daar was konsensus dat doeltreffende maatreëls ingestel moet word om die VSA se handelstekort met China te verklein,” het die Withuis gesê.
Samewerking verstewig
Die afvaardigings het ook maniere bespreek om handel in vervaardigde goedere uit te brei. Samewerking sal ook verstewig word om intellektuele eiendom wedersyds te beskerm.
China sal “relevante wysigings” aan sy wetgewing en regulasies oor die beskerming van intellektuele eiendom aanbring, sê die Withuis.
Die verklaring maak nie melding van bykomende eise deur die VSA dat China 'n einde moet bring aan subsidies en ander staatsteun wat deel van sy Made in China 2025-veldtog is nie.
Hiervolgens word strategiese bedrywe, van robotika tot nuwe energiebronne vir voertuie, geteiken as gebiede waar China die wêreldmark wil oorheers.
China het op sy beurt sy eie eise gestel, onder meer gelyke behandeling vir sy beleggings.
Hy waarsku ook Amerikaanse maatskappye kan dalk uitgesluit word van maatreëls om sy ekonomie oper te maak.
Die Chinese regering het Vrydag in 'n versoenende gebaar gesê hy beëindig 'n teenstortingsondersoek teen ingevoerde Amerikaans graansorghum.
Trump se administrasie het vroeër gedreig om tariewe ter waarde van US$150 miljard op Chinese invoer te hef.
Trump het ook vroeër 'n toegewing gedoen aan die Chinese telekommunikasiemaatskappy ZTE Corp.
Die VSA het vroeër die maatskappy enige toegang tot Amerikaanse tegnologie verbied Dit kon moontlik daartoe lei dat ZTE sou moes ophou sake doen. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie