Handelspakt tussen SA en Brittanje beklink vir ná Brexit
Volgens SA se minister van handel en nywerheid sal die nuwe ooreenkoms effektief ’n voortsetting wees van die bestaande handelsooreenkoms met die EU wees.
Francois Williams en Fin24 – Suid-Afrika het ’n nuwe handelsooreenkoms met Brittanje beklink wat van krag sal word as Brittanje sonder ’n handelsooreenkoms uit die Europese Unie (EU) wegbreek.
Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, het Woensdag in die parlement gesê Suid-Afrika en vyf van sy buurlande in Suider-Afrika het ’n ooreenkoms met Brittanje gesluit wat ’n gladde oorgang in handelsbande sal verseker ingeval Brittanje sonder ooreenkoms uit die EU tree.
Brittanje mik om teen einde Oktober amptelik uit die EU te tree, maar tans is daar nog nie ’n handelsooreenkoms tussen Brittanje en die EU nie.
Volgens Patel sal die nuwe ooreenkoms effektief ’n voortsetting wees van die bestaande handelsooreenkoms met die EU wat betref tariewe, kwotas, regulasies oor veiligheid en gesondheid, en oorsprongreëls.
Dean Macpherson, DA-woordvoerder oor handel en nywerheid, het die nuus verwelkom.
Suid-Afrika voer tans R140 miljard se goedere na Brittanje uit, waarvan R10 miljard van Wes-Kaapse bedrywe soos vrugte en wyn kom. Die handelsooreenkoms sal meer as 175 000 werksgeleenthede help in stand hou.
Patel sou Woensdagmiddag ’n mediakonferensie oor die ooreenkoms gehou het, maar dit is uitgestel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie