Handelstwis: China kla oor 'afpersing' van VSA
'n Staatskommentator het die naweek op Chinese TV gesê die Withuis se uitermatige druk en afpersing is vir die internasionale gemeenskap duidelik.
China se staatsmedia het Saterdag die VSA van afpersing beskuldig.
Hy het voorts die Chinese regering se nuwe ronde invoertariewe op Amerikaanse goedere ter waarde van US$60 miljard verdedig en gesê China toon “rasionele selfbeheersing” in reaksie op die VSA se voorstel van 'n handelstarief van 25% op Chinese goedere ter waarde van US$200 miljard.
Laat Vrydagaand het China se departement van finansies 'n nuwe stel bykomende tariewe van tussen 5% en 25% op 5 207 ingevoerde produkte uit die VSA aangekondig.
Dit is die helfte minder as die VSA se voorgestelde tariewe.
“China se teenmaatreëls is redelik, het die Global Times, 'n poniekoerant wat deur die amptelike People's Daily uitgegee word, gesê.
“China sal hom nie haas om met die VSA se getalle mee te ding nie,” het die koerant 'n standpunt herhaal wat ook op Chinese staatsmedia gemaak is.
Die VSA en China het reeds sedert Julie tariewe ter waarde van US$34 miljard op mekaar se invoergoedere gehef.
Daar word verwag dat Washington spoedig tariewe op 'n bykomende US$16 miljard se Chinese goedere sal hef.
China het reeds gesê hy sal dié syfer dadelik ewenaar.
“Die Withuis se uitermatige druk en afpersing is reeds duidelik vir die internasionale gemeenskap,” het 'n staatskommentator op Chinese TV gesê.
“Sulke metodes van uiterste afpersing sal nie vrugte afwerp teen China nie,” het hy bygevoeg.
Maar pres. Donald Trump van die VSA stem nie saam nie.
In 'n reeks twiets sedert Saterdag het hy daarop aanspraak gemaak dat die tariewe baie beter werk as wat enigeen ooit verwag het.
“Dit maak werklik hul ekonomie seer,” het hy gesê en gewys op 'n groot daling in die Chinese aandelebeurs.
Trump het ook getwiet dat China met die VSA samesprekings oor handel voer, maar hy het geen besonderhede verskaf nie.
Hy sê sy administrasie sal voortgaan om invoertariewe te hef as ander lande nie bereid is om te onderhandel nie.
“Ons gebruik dit om billike handelsooreenkomste te beding,” het Trump gesê.
China het nou reeds invoertariewe ingestel of voorgestel op Amerikaanse produkte ter waarde van US$110 miljard. Dit beteken die meeste van die produkte wat hy van die wêreld se grootste ekonomie invoer, is nou aan bykomende tariewe onderworpe.
Verlede jaar het China sowat US$130 miljard se goedere van die VSA af ingevoer.
Trump het gedreig om tot US$500 miljard se Chinese invoer na sy land te belas. Indien die dreigement uitgevoer word, sal omtrent alle Chinese produkte wat die VSA binnekom, belas word.
“Die VSA het herhaaldelik teruggeval op dreigemente en bedrieglike roetines om China tot oorgawe te dwing. In die proses het hy sy eie bedingingsmag oorskat en China se vasberadenheid en vermoë om sy nasionale waardigheid en die belange van sy mense te beskerm, onderskat,” lui kommentaar deur die amptelike Xinhua-nuusagentskap.
Mike Pompeo, Amerikaanse minister van buitelandse sake, is egter vasberade dat Washington sal aanhou druk vir regverdiger handelsvoorwaardes met China.
“Pres. Trump het 'n onregverdige handelsregime geërf waar Amerikaanse werkers en Amerikaanse maatskappye nie regverdig of wedersyds op dieselfde wyse deur die Chinese behandel is nie en die Trump-regering poog nou om dit reg te stel,” het Pompeo aan verslaggewers by 'n streeksberaad in Singapoer gesê.
Pompeo het bygevoeg dat hy Vrydag handelskwessies met Wang Yi, sy Chinese eweknie, bespreek het.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie