Handgranaataanval by vredeskonsert
Handgranaataanval by vredeskonsert

Handgranaataanval by vredeskonsert

Pogings om versoening in die Sentraal-Afrikaanse Republiek te bewerkstellig, is in die wiele gery deur 'n dodelike aanval by 'n konsert.
NAMPA
Sewe mense is die naweek dood en ongeveer 20 beseer in ‘n handgranaataanval op ‘n vredeskonsert en weerwraakaanvalle in Bangui, die hoofstad van die Sentraal-Afrikaanse Republiek.

Die stad was in die verlede die strydpunt vir intergeloof-geweldpleging. Dit het in 2013 tussen Christene en Moslems uitgebreek en teister steeds die armoedige land.

Die minister van binnelandse sake, Henri Wanzet Linguissara, sê twee mense op ‘n motorfiets het die feesgangers genader en ‘n handgranaat tussen die skare ingegooi. Die konsert is gereël om versoening en maatskaplike samesyn te bevorder.

“Ná die grusame voorval het ons vier dooies en 20 gewondes getel, onder wie vier wat in ‘n ernstige toestand was en operasies moes ondergaan,” het hy gesê.

Swaar geweervuur in en om Bangui se PK5-woonbuurt, ‘n Moslem-enklawe in die meerderheid-Christen-stad, het ná die aanval losgebars.

Toegangsroetes na PK5 is deur geïmproviseerde barrikades versper, het ‘n ooggetuie aan Reuters gesê.

“Drie van ons jongmense is dood, klaarblyklik in weerwraakaanvalle omdat hulle dink die Moslems het die aanval uitgevoer. Ons keur die aanval ten sterkste af,” het ‘n PK5-inwoner, Habib Soule, gesê. ‘n Veiligheidsbron sê drie motorfiets-taxibestuurders is in weerwraakaanvalle dood.

“Sporadiese geweervuur kan in PK5 gehoor word en naburige woonbuurte is besig om leeg te loop,” het Gedeon Leki, ‘n inwoner van die nabygeleë Castors-woonbuurt gesê. “Mense is bang die Moslems neem nou wraak vir hul dooies.” - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!