Produkte u20181 000 keeru2019 duurder
Produkte u20181 000 keeru2019 duurder

Produkte ‘1 000 keer’ duurder

Klagtes op sigself impliseer nie die verkopers is skuldig aan uitbuiting of buitensporige verhoging van pryse nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die pryse van gesigmaskers, handreinigers en produkte soos lemoene, nartjies en rou gemmer wat immuniteit ’n hupstoot gee, het die afgelope weke die hoogte ingeskiet.

Die grootste sondaars vir verhoogde pryse – volgens klagtes wat by die Namibiese Mededingingskommissie (NCC) ingedien is – is Spar Supermarkte en OK Food Stores en apteke soos Dischem.

Volgens die NCC se uitvoerende hoof, mnr. Vitalis Ndalikokule, was 36% van klagtes wat ontvang is teen Spar Supermarkte, 21% teen OK Food Stores, 15% teen apteke insluitend Dischem, terwyl 13% van die klagte teen Pick n Pay was. Clicks, Shoprite-Checkers en Woermann Brock is elk in 5% van die klagtes uitgewys.

Geen formele ondersoek is egter nog teen enige van die genoemde groothandelaars begin nie.

Volgens Ndalikokule is verskeie klagte van aansienlike prysverhogings tydens die heersende Covid-19-pandemie ontvang.

Pryse is in sekere gevalle glo met meer as 1 000% verhoog.

Die meeste van die klagtes (39%) is in die Khomasstreek ontvang, gevolg deur //Kharasstreek met 29%.

Sowat 40% van klagtes was vir kos en basiese items soos groente en vrugte, rys, mieliemeel, formulemelk en melkprodukte. Sowat 25% het verband gehou met vervoer, konstruksie, verblyf, meubels, huishoudelike toestelle en motoronderdele, terwyl 13% vir produkte soos handreinigers, gesigmaskers en immuniteitversterkers was.

Ndalikokule sê die NCC het verskeie produkte as noodsaaklik in die heersende noodtoestand gelys. Dit sluit ontsmettingsmiddels, maskers, babadoeke, pasta, mieliemeel en rys in. Meer aandag sal aan die 80% van die klagtes geskenk hou wat met noodsaaklike produkte verband hou.

Hy maan die kommissie beskik nie oor direkte magte om verbruikers te beskerm nie. Weens die gebrek aan ’n voldoende regsraamwerk hiervoor in Namibië moet hulpmiddels teen die heersende praktyke en waar wettiglik ingevolge die Mededingingswet aanvaar word.

“Dit is om hierdie rede dat die NCC die afgelope vyf weke probeer om prysregulasies te publiseer in ’n poging om sy huidige magte onder die Mededingingswet aan te vul en ook vinniger en meer doeltreffend die voortgesette klagtes oor uitbuiting van pryse te takel,” sê Ndalikokule.

Volgens hom werk die NCC ook nou saam met verwante rolspelers soos die ministerie van handel en nywerheid, die kantoor van die prokureur-generaal en die ministerie van justisie om ’n regsmeganisme in te stel om buitensporige pryse tydens die heersende Covid-19-noodtoestand hok te slaan.

Ndalikokule erken die proses neem langer as wat verwag is, maar die NCC is vol vertroue eenstemmigheid sal gou onder die verwante rolspelers bereik word wat sal lei tot die publikasie van die vereiste prysvoorskrifte. Laasgenoemde se doel is om ’n stokkie voor die uitbuiting en verhoging van pryse te steek.

Intussen word die egtheid ondersoek van klagtes wat ontvang is en sal die NCC later ’n besluit neem om of hy voortgaan met formele ondersoeke teen dié wat geïmpliseer is, in lyn met die wet en die beoogde prysvoorskrifte.

Ndalikokule maan die ontvangs van klagtes impliseer nie die betrokkenes is skuldig aan die uitbuiting of buitensporige verhoging van pryse nie.

“In hierdie stadium is nog geen formele ondersoeke teen enige van die bogenoemde handelaars begin nie.”

Die publiek kan hul klagte oor pryse na [email protected] of via via whatsapp of SMS na +264 81377 4800 stuur.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!