Hango word vandag gevonnis
Hango word vandag gevonnis

Hango word vandag gevonnis

Die langverwagte vonnisoplegging van Sindano Hango, die sakeman wat aan verkragting skuldig bevind is, het Dinsdag in die Oshakati-streekhof begin.
Yandi Du Plessis
Tuyeimo Haidula op Oshakati

Die sakeman Sindano Hango word vandag gevonnis nadat hy in Februarie 2021 in die hoërhof op Oshakati skuldig bevind is aan die verkragting van sy niggie in Oktober 2014.

Landdros Leopoldt Hangalo het Hango aanvanklik in 2019 in die Oshakati-streekhof onskuldig bevind, maar die hoërhof het die uitspraak tersyde gestel nadat staat daarteen geappelleer het.

In Desember 2021 het Hango se regsverteenwoordiger, mnr. Kadhila Amoomo die landdros – na wie die saak terugverwys is – gevra om vonnisoplegging uit te stel sodat getuies tyd kan maak om hof toe te kom.

Die vonnisoplegging sou aanvanklik Maandag plaasvind, maar landdros Hangalo het die uitspraak tot 1 Februarie uitgestel oor Hango se prokureur glo siek was. Die uitspraak is daarna weer tot vandag uitgestel.

MEDIA HET INGEMENG

Hango sê hy het emosionele skade gedurende sy verhoor gely aangesien hy tot dusver N$1,2 miljoen aan regskoste en ander bykomende uitgawes bestee het ondanks die feit dat hy glo verkeerdelik skuldig bevind is.

Hango het Woensdag tydens strafversagtingsverrigtinge in ‘n skriftelike verklaring, wat sy prokureur namens hom voorgelees het, aan die hof gesê hy is nie ‘n regverdige verhoor gegun nie.

Hy het gesê die media se inmengery in die saak het hom van die reg op ‘n regverdige verhoor ontneem en bygevoeg die media het duidelik ‘n negatiewe prentjie van hom geskets terwyl die verhoor aan die gang was.

“Ek is in die media uitgebeeld as ‘n sakeman wat probeer het om die geregtigheid vry te spring, nie deur wettige middele nie, maar deur middel van korrupte transaksies,” het Hango gesê.

Hy het ook “onbehoorlike druk” wat die publiek en die media glo op die beampte in beheer van sy saak uitgeoefen het as bewys van ‘n onregverdige verhoor genoem.

ONSKULDIG

Die sakeman het gesê nog ‘n rede waarom hy nie ‘n regverdige verhoor gehad het nie, is die feit dat sy destydse regsverteenwoordiger versuim het om die klaagster voldoende te kruisondervra, wat volgens hom die uitkoms van die saak beïnvloed het.

“Die hoërhof het ook vasgelê dat my destydse regsverteenwoordiger versuim het om die nodige aansoeke in te dien, soos bepaal deur artikel 227 van die Strafproseswet, voordat hy met ‘n spesifieke lyn van ondervraging in verband met die seksuele verhouding begin het. Dit het die uitkoms van die verrigtinge beïnvloed deurdat belangrike getuienis rakende die vorige seksuele verhoudings wat ek met die klaagster gedeel het, nou geïgnoreer is,” het hy gesê.

BEROU

Hango het vir ‘n ligte of opgeskorte vonnis gevra omdat hy die slagoffer reeds om verskoning gevra het, hoewel hy steeds van sy onskuld oortuig is.

“Soos aangedui, is die klaer my niggie en ons moes nooit in ‘n seksuele verhouding gewees het nie. Dit is hoekom ek haar wel om verskoning gevra het – soos op haar versoek – via SMS-boodskappe, wat reeds op rekord is. Ek het al by verskeie geleenthede probeer om hierdie verskoning deur derde partye oor te dra, wat natuurlik verwerp is omdat sy volgens familielede nie bereikbaar was nie,” het hy aan die hof gesê.

Hango het gesê as ’n getroude man met drie kinders is hy die enigste broodwinner en sy gesin is van hom afhanklik.

KROKODILTRANE

Staatsaanklaer Nelao Ya France het gesê Hango het sy eie graf gegrawe en kan nie nou aantygings van vuilspel maak nie.

Hy het ook gesê Hango het die wêreld in sy handpalm gehad, maar het hom aan “lus” oorgegee.

Sy het ‘n direkte vonnis van 20 jaar voorgestel, en geen opskorting nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.63 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.33 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 625.55/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.44/lb UP +2.76% | Zinc US$ 2 984.50/T UP 3.2% | Brent Crude Oil US$ 75.50/BBP UP +1.51% | Platinum US$ 970.47/OZ UP +1.30% #REF!