Hanse-Himarwa gister in hou00ebrhof
Hanse-Himarwa gister in hou00ebrhof

Hanse-Himarwa gister in hoërhof

Denver Kisting
Denver Kisting



Me. Katrina Hanse-Himarwa, die minister van onderwys, kuns en kultuur, het gisteroggend vlugtig in die Windhoek-hoërhof op aanklag van korrupsie verskyn.

Tydens die verskyning voor regter Christie Liebenberg het staatsaanklaer Ed Marondedze die hof ingelig die volledige dossier is reeds aan die verdediging openbaar gemaak.

Mnr. Sisa Namandje het dit namens Hanse-Himarwa bevestig. “Daar is geen uitstaande kwessies nie,” het haar prokureur gesê.

Die minister – getooi in 'n grys-en-swart snyerspak en hakskoene – is om 09:16 na die beskuldigdebank geroep.

Sy het voor haar verskyning ontspanne langs haar man, die boer en sakeman mnr. Ghenno Himarwa, in die openbare galery gesit.

Regter Liebenberg het die verrigtinge tot 29 Mei verdaag. Hy het Hanse-Himarwa se waarskuwing tot dan verleng.

Toe Hanse-Himarwa onlangs haar eerste verskyning in die landdroshof op Mariental gemaak het, is die saak aanvanklik tot 21 Junie uitgestel vir 'n voorverhoor, totdat dit gister skielik op die hoërhofrol opgeduik het.

Sy staan tereg op een klag van korrupsie wat met haar termyn as goewerneur van die Hardapstreek verband hou.

Hanse-Himarwa is nie in verband met die beweerde misdaad in hegtenis geneem nie, maar vroeër vanjaar is 'n dagvaarding op haar beteken om in die Mariental-landdroshof te verskyn.

Sy het toe 'n uitgebreide verklaring op 'n briefhoof van die onderwysministerie uitgereik waarin sy sê sy sien uit om uiteindelik voor die hof gedaag te word sodat sy haar kant van die saak kan stel.

Hanse-Himarwa het na bewering tydens 2014 twee name van begunstigdes onder die massabehuising­skema verwyder en met twee van haar familielede s'n vervang. Dit is dié aantygings wat haar die strafsaak op die hals gehaal het.

Sy is op 'n vorige klag van korrupsie onskuldig bevind.

Die minister se beleërde termyn as goewerneur van die Hardapstreek het in 2015 ten einde geloop.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!