Hantering van vuurwapens 'n kopseer
Die polisie is bekommerd oor die manier waarop Namibiërs hul vuurwapens bêre en hanteer.
Adj.komm Edwin Kanguatjivi, woordvoerder van die Namibiese polisie, het in 'n verklaring gesê dit strook nie met die reëls vir en wette oor die bewaring van vuurwapens nie, en veroorsaak dat vuurwapens maklik gesteel word.
“In die 2018-'19-boekjaar is 245 vuurwapens as gesteel by die polisie aangemeld. In die eerste kwartaal van die huidige finansiële jaar is 56 reeds as gesteel aangemeld. Die meeste van die vuurwapens is tydens huisbrake of uit voertuie gesteel,” sê hy.
“Die reëls vir die bewaring van vuurwapens is baie duidelik: As jy 'n wapen in die huis het, moet dit in 'n veilige kluis bewaar word wat teen die muur of in die vloer gemonteer is.
“Jy mag ook nie jou vuurwapen in die voertuig los as jy uitklim nie, omdat dit maklik uit die voertuig gesteel kan word,” sê Kanguatjivi.
Dié wat 'n wapen ontvang het vir die uitvoering van hul werk, moet dit aan die regmatige eienaar teruggee sodra hulle van hul pligte onthef is.
Veiligheidsmaatskappye wat vuurwapens aan wagte uitreik, moet behoorlik rekord daarvan hou en seker maak die wapens word terugbesorg wanneer 'n werker se kontrak beëindig word.
“Ons hoop vuurwapeneienaars sal in die toekoms meer verantwoordelik met hul wapens omgaan,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie