Harambee sonder welvaart?
Die Swahili-woord “harambee” beteken “almal span saam”. Maar is dit ’n werkliheid in Namibië? Denver Kisting kyk na die welslae, al dan nie, van pres. Hage Geingob se welvaartsplan.
Denver Kisting - 'n Vier jaar lange plan poog reeds amptelik sedert Woensdag 6 April 2016 om Namibië se ekonomie uit die as te laat verrys.
Van ’n ekonomie wat blom, is daar in die stadium nog geen sprake nie.
Toe mnr. Calle Schlettwein, die minister van finansies, verlede maand die land se begroting bekend maak, was die minusse steeds meer as die plusse.
Maar, het hy die sprankie hoop suutjies gedeel, Namibië se ekonomie kan vanjaar met tot 1% groei.
Waaroor almal mekaar gelyk gee, is dat die oorhoofse doelwitte van pres. Geingob se Harambee-welvaartsplan allermins onambisieus is.
Onder meer moet Namibië teen 2020 die deursigtigste land in Afrika wees.
Hiernaas moet die Land van die Dapperes teen daardie tyd ook oor die mees mededingende ekonomie op die vasteland beskik.
Hongerarmoede moet teen volgende jaar iets van die aaklige verlede wees, lui die inleiding tot die Harambee-rapport wat Geingob verlede week in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê het.
Een van die ander “gewenste uitkomste” van die regrukplan is dat fisieke infrastruktuur, wat ten doel het om ekonomiese groei en vooruitgang te bewerkstellig, reeds teen 2020 op peil moet wees.
Een jaar voor die einde van Harambee se lewensloop moes Geingob verlede week in die NV toegee die sukses daarvan is van ’n gemengde aard.
Die inwerkingstelling van die eerbare plan is vroeër vanjaar ’n ernstige knou toegedien toe dr. John Steytler, die eertydse statistikus-generaal, oënskynlik uit die bloute die tuig neergelê het.
Steytler was sedert Julie 2015 Geingob se ekonomiese raadgewer.
Hy het volgens die staatsbeheerde dagblad, New Era, bedank vanweë persoonlike redes, wat met sy suster se kankerdood verband hou.
Staatshuis het eers ’n week ná sy bedanking op 4 Maart by monde van dr. Alfredo Hengari, die presidensiële woordvoerder, die nuus met die nasie gedeel.
VYF PILARE
Die Harambee-welvaartsplan bestaan uit vyf pilare, naamlik doeltreffende bestuur, ekonomiese vooruitgang, maatskaplike vooruitgang, infrastruktuurontwikkeling en internasionale betrekkinge en samewerking.
Pilaar 1: Doeltreffende bestuur
Dié pilaar se twee bene bestaan uit verantwoordbaarheid en deursigtigheid.
In die inleiding in die glanstydskrif wat Geingob verlede Woensdagagtermiddag te midde van geweldige ekonomiese uitdagings aan die parlement voorgelê het, staan doeltreffende bestuur is ’n voorvereiste vir volhoubare sosioëkonomiese ontwikkeling en die daadwerklike uitwissing van armoede.
Dié pilaar kan as die grondslag van die Harambee-welvaartsplan haakplekke uit die weg ruim wat versnelde inwerkingstelling van die plan se doelwitte kniehalter.
Maar, sê Geingob, die huidige stand van ekonomiese sake en die gepaardgaande begrotingsbeperkinge het die “optimale inwerkingstelling” van doeltreffende bestuur kwaai in die wiele gery.
Sonder ’n verandering in gesindheid wat vergesel word deur ’n kultuur van prestasie, sal daar van verbeterde openbare diens dadels kom, gee die staatshoof toe.
Volgens hom bly stoei hulle met vertraagde voorbereiding en beskikbaarstelling van kwartaallikse vorderingsverslae, om dit deel van die hoofstroom te maak en die inwerkingstelling van regstellende optrede wat hieruit moet spruit.
NAMIBIë WEER EENS NOMMER EEN
Hoewel die goeie nuus juis verlede week bekend geword het dat Namibië weer eens die mees persvrye land in Afrika is, het Ghana die land verlede jaar in die stof laat byt.
Hieroor sê Geingob se Harambee-vorderingsverslag die vertraging met die tertafellegging van die Toegang tot Inligting-wetsontwerp het die land in 2018 sy eerste plek gekos.
Die president het wel tydens sy staatsrede verlede week gesê dié voorgestelde wet, wat tans in sy konsepstadium is, sal nog vanjaar in die Huis dien.
Die hoop het beskaam met betrekking tot vorige ondernemings oor dié beoogde wet.
VERKRYGING KRY SWAAR
Volgens die staatshoof is die slakkepas waarteen verkrygingswetgewing in werking gestel word deel van die uitdagings wat doeltreffende bestuur bemoelik het.
Die aanstelling van personeel van die reeds beleërde verkrygingsraad en die hersieningspaneel vererger dié situasie, sê Geingob.
Die raad is pal in die nuus veral oor bewerings dat binnevegte sy werksaamhede lamlê.
Mylpale kan net binne tydteikens bereik word as gereelde prestasiebeoordeling, die verfyning daarvan en aanpassing aan implementeringsmodelle aan die orde van die dag is, lui die verslag.
Dit is ook uiters belangrik om realistiese en haalbare doelwitte te stel, sê die president.
Namibië is egter goed op dreef wat verantwoordbaarheid betref, lui die dokument.
Die land het die afgelope jaar goed gevaar op die Mo Ibrahim-indeks vir verantwoordbaarheid.
Dié indeks meet en monitor regeringsbestuur in Afrika.
Maar, gee pres. Geingob toe, Namibië is kragtens Transparency International nie op koers wat deursigtigheid betref nie.
Pilaar Twee: Ekonomiese vooruitgang
Menslike ontwikkeling as ’n doelwit is net haalbaar as dit vergesel word deur ekonomiese vooruitgang van Namibiërs, meen die staatshoof.
Dit is net met ekonomiese groei wat geleenthede ontstaan om die land se inwoners deel te maak van die sosioëkonomiese hoofstroom, lui die glanstydskrif.
Maar vir die tydperk onder hersiening – 2016/17 tot 2018/19 – moes die land hom staal teen toenemende binnenshuise en eksterne ekonomiese druk.
Die druk het ontstaan weens die wêreldwye ekonomiese afname te danke aan geldeenheidskommelinge, verminderde Suider-Afrikaanse Doeaneunie-inkomste en stygende skuldvlakke, sê die president.
Ekonomiese vooruitgang het vier bene, naamlik makro-ekonomiese stabiliteit, ekonomiese transformasie, jeugondernemingsontwikkeling, en ekonomiese mededingendheid.
Dié pilare is daarop gemik om regeringskuld te anker op 30% van die bruto binnelandse produk (BBP) – die land se totale waarde van alle goedere en dienste gelewer binne ’n sekere tydperk – sodra Harambee teen volgende jaar ten volle ingeburger is.
Vanjaar – Jaar 3 van Operasie Harambee – mag staatskuld 33% van die BBP beloop.
In dié stadium lyk hierdie prentjie nie goed nie. Trouens, die verwagte staatskuld vir die huidige boekjaar beslaan tans ’n allemintige 49% van die BBP.
Geingob erken voorts die ekonomiese bemagtiging van benadeelde groepe wat hoop om hulle “na hoër insluiting in die formele ekonomie te lei”, is glo “effens van koers af”.
Pres. Hage Geingob hoop om teen volgende jaar 8 000 nuwe werksgeleenthede in die vervaardigingsektor te sien.
Teen die einde van dié jaar moet nuwe poste in dié sleutelsektor reeds 5 500 ’n werklikheid wees.
Hierdie doelwitte is luidens die Harambee-rapport glo op koers.
Ondanks die ineenstorting van die SME Bank mik Harambee vir verhoogde toegang tot finansieringsgeleenthede vir mikro-, klein- en mediumondernemings.
Dié doelwit is geensins op peil nie, gee Geingob se verslag toe.
Namibië sit die pot ordentlik mis wat die instandhouding en verbetering van kredietgraderingsliggame, soos Fitch Ratings Agency, se waarderings betref.
Ingevolge die maatstawwe wat die Wêreldbank en die Wêreld- Ekonomiese Forum daarstel, lyk die kanse skraal dat Namibië teen volgende jaar die mees mededingende land op die vasteland sal wees, erken die staatshoof.
Pres. Geingob sê sover dit die beplande verhoging van plaaslik vervaardigde produkte aangaan, word die teiken geag op dreef te wees.
Pilaar 3: Maatskaplike vooruitgang
Geingob sê ontwikkeling moet te alle tye mensgerig wees.
Dié pilaar, sê hy, is daarop gemik om waardigheid te herstel en die lewensgehalte en maatskaplike omstandighede van inwoners te verbeter.
Die Grondwet bepaal waardigheid kom álmal te alle tye toe.
Onder meer val die klem onder maatskaplike vooruitgang op voedselsekuriteit, huisvesting en toegang tot sanitasie, openbaregesondheidsorg vir ma’s en suigelinge, sowel as tegniese opleiding.
Dit is belangrik, meen die staatshoof, om jong Namibiërs toe te rus met vaardighede wat hulle in die 21 ste eeu die pyp kan help rook.
Kragtens die glanstydskrif beslaan hierdie pilaar vier bene: Hongerarmoede, die diens van woonerwe, behuising en sanitasie, moeder-en-kindsterftes, en tegniese opleiding.
Hierdie pilaar het ten doel om alle sterftes uit te wis wat met hongerte verband hou.
Dit lyk of hierdie doelwit op koers is, sê die staatshoof.
Hiernaas moet 26 000 woonerwe tydens Harambee se inwerkingstelling gediens word.
Hierdie plan is glo “effens agter teiken”, het pres. Geingob verlede week gesê.
Dit geld ook vir die 19 000 woonerwe wat teen die einde van 2019 gediens moet wees.
’n Totaal van 20 000 “behuisingseenhede” moet teen volgende jaar gebou gewees en 50 000 toilette hul spiere in landelike gebiede bult.
Hierdie teiken word ook geag op peil te wees, sê Geingob.
Die emmerstelsel moes reeds teen 2017 tot die aaklige verlede verban gewees het. Volgens die rapport is 65% van dié doelwit behaal.
Reuseplanne moet ook teen 2020 op die tegniese opleidingsfront ’n werklikheid wees. Onder meer moet private instellings wat werknemers oplei, vinniger terugbetaal word.
Geingob is van mening tegniese opleiding geniet die voorkeur soos die Harambee-welvaartsplan uitstippel.
Ma-en-babasterftes moet ook teen dan “beduidend verminder” wees – volgens Geingob vaar die land tot dusver goed.
Pres. Geingob het verlede Woensdag beken die kanse is rietskraal dat 30 000 ablusiegeriewe teen die einde van vanjaar opgerig sal wees.
Eweneens sal volgende jaar se doelwit van 50 000 waarskynlik nie verwesenlik word nie.
Pilaar 4: Infrastruktuurontwikkeling
’n Lewendige ekonomie word deur doeltreffende vervoerinfrastruktuur in stand gehou, meen Geingob.
Die land se gunstige geografiese posisie aan die suidwestelike kus is daarom veral van belang, sê hy.
Sou dit optimaal benut word, sal die tafel gedek wees vir ekonomiese groei omdat die verwagting is dat dit beleggings sal lok, sakegroei sal bevorder en handel en streekintegrasie sal fasiliteer.
’n Onafhanklike navorser en konsultant, mnr. Rainer Ritter, het egter onlangs gemaan Namibië moet sy hoop om ’n logistiekkern te word, laat vaar.
Hy sê Namport, die staatsonderneming gemoeid met die land se hawens, moet dringend kundiges in logistiek en vervoerekonomie in sy bestuur en raad aanstel.
Volgens hom sal dit dié staatsdiensonderneming se bestuur help opskerp.
Ritter beveel voorts aan alle kapitaalprojekte, selfs dié waarvoor reeds begroot is, moet onmiddellik gestaak word.
Dit geld veral vir die beplande opknapping van die Walvisbaai-Kranzberg-spoorlyn ten bedrae van N$5,5 miljard, sê hy.
Die navorser raai Namport voorts aan om te belê in professionele koste-voordeel-ontleding om hulle in staat te stel om die mees ekonomies voordelige projekte te prioritiseer.
Hy reken dit is nie ’n goeie idee om Namibië in ’n logistiekkern vir die streek te omskep nie.
Onder infrastruktuurontwikkeling staan vier bene: Krag, water, vervoer en inligtingstegnologie.
Ondanks die donkerte waarin naburige Suid-Afrika opnuut die afgelope paar maande gehul is, is beurtkrag kragtens die Harambee-doelwitte nie op die tafel nie.
Maar Namibië moet dringend meer van sy eie krag begin opwek, sê die staatshoof.
Dié pilaar mik ook om teen 2020 toegang tot veilige drinkbare water van die huidige 50% tot 100% te verbeter.
Van die doelwitte waar die land reeds die pad byster geraak het, sluit die opgradering van 600 km van die plaaslike spoorlyn volgens die standaarde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelinggemeenskap (SADC) in.
Pilaar 5: Internasionale betrekkinge en samewerking
As dit nie vir internasionale solidariteit was nie, veral danksy die hulp van die Verenigde Nasies (VN) as vroedvrou, sou Suidwes-Afrika nie 29 jaar gelede Namibië geword het nie, lui die glansbladrapport.
Geingob sê Namibië is ’n allemansvriend sonder vyande.
Talle bilaterale samewerkingsooreenkomste wat sedert onafhanklikwording gesluit is, kan hiervan getuig, sê hy.
Met die oog op die finansiële bevryding van sy inwoners gaan die land bly bande met die internasionale vennote smee, sê hy.
Dié pilaar het drie uitkomste in sy visier: Om ’n respekvolle en betroubare lid van die internasionale gemeenskap te bly; om te verseker die internasionale gemeenskap steun die land se pogings om politieke onafhanklikheid in ekonomiese onafhanklikheid te omskep; en om by te dra tot en baat te vind by die inwerkingstelling van Agenda 2063 van die Afrika-unie (AU).
Dié agenda is ’n strategiese raamwerk vir die vasteland se sosioëkonomiese vooruitgang.
Ofskoon die regering meen Namibië is op dreef wat dié pilaar se mikpunte betref, maan Geingob internasionale handel steun op gesamentlike beraadslagingsprosesse en onderhandelinge waaroor sy regering min beheer het.
Hierdie gesamenlike prosesse het sonder twyfel ’n impak op plaaslike doelwitte, sê hy.
Omdat Namibië geneig is tot rampe, soos die voortslepende droogte en die land nie negatiewe weersomstandighede vryspring nie, kom huishoudelike voedselsekuriteit in die gedrang, sê hy.
Hy sê die regering bly verbind daartoe om bystand te verleen wanneer droogte of ’n vloed toeslaan.
Geingob sê wetstoepassingspogings moet volgehou maar ook verskerp word om georganiseerde misdaad, wat die land se beeld skade berokken, hok te slaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie