Harambee vs NEEEF (Deel 5b)
J.W.F. (Koos) Pretorius skryf:
Met die aanvaarding van die eerste wet oor regstellende aksie in 1998 het Swapo duidelik hulle opportunistiese strategieë openbaar.
Oudpresident Hifikepunye Pohamba en ek het nogal oor baie dinge gemeenskaplike grond gevind. As ek reg onthou, was dit net hy en ek wat teen die dobbelwet gestem het. Ons was en is albei Christene.
''n Paar jaar gelede kry een van sy dogters ''n gesogte beurs uit China om daar verder te studeer. President Pohamba word beskuldig van nepotisme en dat hy sy invloed misbruik het. Sy eenvoudige antwoord was dat sy dogter reeds agtien jaar oud was en dus in staat was om haar eie besluite te neem. Trouens hy het nie eens daarvan geweet dat sy aansoek gedoen het nie.
Met ander woorde enige mens wat logies en nugter dink, sou kon aanvaar dat net soos ''n pa nie verantwoordelikheid hoef te aanvaar vir sy mondige kind se besluite nie, hoef ''n kind ook nie gestraf te word vir sy of haar voorouers se sondes nie.
Oudpresident Pohamba en ekself leun sterk op voorskrifte uit die Bybel soos byvoorbeeld 2 Konings 14: 6. “Maar die kinders van moordenaars het hy nie laat doodmaak nie, soos geskrywe is in die wetboek van Moses waar die Here dit beveel het: Die vaders mag nie vir die kinders en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; maar elkeen moet vir sy eie sondes sterwe.”
DEMOGRAFIE EN GETALLE
Nooit het ons in die Subkomitee of die Grondwetskrywende Vergadering gesê of selfs gesuggereer dat die demografie en getalle of persentasies in ag geneem moet word met die uitvoering van regstellende aksie nie. Net so was daar geen aanduiding dat die privaatsektor verplig sou word om meriete en ondervinding te verruil met ''n kwota-verteenwoordiging nie. Laasgenoemde is afgekyk by Suid-Afrika.
Ironies egter pas die ANC-regering dit net toe soos dit hulle pas. Ek glo nie Suid-Afrika se Grondwetlike Hof het al ooit sedert sy instelling meer as twee vroueregters uit ''n getal van 25 gehad nie. Hier tel balans nie.
Ook in Namibië word die privaatsektor daarvan beskuldig dat hulle nie genoeg voorheen benadeelde werknemers in senior bestuursposte het nie.
GENOEG GROEI IS NODIG
Verder glo ek regstellende aksie kan nie positiewe gevolge hê as die ekonomie nie groei nie. Ek praat nie van 0,5% of 1% nie, maar ten minste 7%.
Hier is daar die werkende voorbeeld van Maleisië. Daar is ooreengekom dat regstellende aksie nie toegepas sou word as daar nie ten minste ''n 7% groei is nie. Vergelyk dit nou met Namibië se 1% of 2%. Dit is ''n resep vir die mislukking van die toepassing van regstellende aksie.
Dit druis ook direk in teen die gesindheid waarin dr. Hage Geingob die Harambee-plan aangekondig het. “I also used the consultations to share my vision for a unified Namibia where no citizen feels left out. This vision has been embraced by all Namibians and continues to be a rallying cry for the future of our Republic. The Kiswahili word ''Harambee'' which means ''pull together in the same direction'' has been selected to call for unity and encourage Namibians towards a common purpose.”
INTERNASIONALE KONVENSIES
Die Latynse woord vir “sonde” beteken om jou doel te mis.
Dit is vir my baie duidelik dat die LRDC se wetsontwerp nie baie aandag gee aan die internasionale ooreenkomste waaraan Namibië homself verbind het nie. Meer in die besonder die “Convention on the Rights of the Child” (1989) en die “International Convention on the Elimination of All Forms of Racial Discrimination” (1965). Gedeelte 1, Artikel 4 van laasgenoemde lees:
"Special measures taken for the purpose of securing adequate advancement of certain racial and ethnic groups or individuals requiring such protection as may be necessary to ensure such groups or individuals equal employment or exercise of human rights and fundamental freedoms, shall not be deemed racial discrimination, provided that such measures do not lead to the maintenance of separate rights for different racial groups and that they shall not be continued after the objectives for which they were taken have been achieved."
Sover dit Namibië betref, verwys Artikel 23 na individue soos reeds voorheen gedebatteer. Deur nie hiervan kennis te neem en dit te laat realiseer nie, erken die Swapo-regering dat hulle klaaglik misluk het om reg te laat geskied aan alle kinders wat sedert 1980 dieselfde geleenthede gehad het wat onderwys betref. Met ander woorde, myns insiens het regstellende aksie in Namibië misluk weens die verkeerde interpretasie van Artikel 23 van die Grondwet.
*Pretorius is ''''n voormalige lid van die Grondwetskrywende Vergadering (1989-1990) en Nasionale Vergadering (1990-2005).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie