Hardap dalk tronke se nuwe episentrum
Landswyd het ses tronke van die Namibiese korrektiewe dienste Covid-gevalle aangemeld.
Kristien Kruger
Die Windhoek Sentrale Gevangenis is reeds weke lank in inperking vanweë 'n Covid-19-uitbreking.
Dit blyk egter dat die korrektiewe geriewe in die Hardapstreek (naby Mariental) die nuwe episentrum kan word.
Die hoof van die Namibiese Korrektiewe Dienste, komm.genl Raphael Hamunyela, het Donderdag die nuutste Covid-19-syfers in tronke landswyd met Republikein gedeel.
“Die Windhoek Sentrale Gevangenis het tans 206 gevangenes wat positief vir Covid-19 getoets het, waarvan 45 aktiewe gevalle is, met een Covid-19-verwante sterfte,” het hy gesê.
Windhoek het geen uitstaande uitslae nie, sê hy. Die korrektiewe geriewe in Hardap wag volgens Hamunyela steeds op 122 toetsuitslae.
“Hardap het 21 gevangenes wat positief getoets het, waarvan 18 gevalle steeds aktief is. Drie het herstel.”
Hamunyela sê uit die 14 korrektiewe geriewe in die land het ses Covid-19-gevalle aangemeld.
“Altesaam 1 068 gevangenes is landswyd getoets en 233 was positief. Die aantal aktiewe gevalle het Woensdag op 65 gestaan.” Altesaam 170 toetsuitslae is nog uitstaande.
Tronke buite
Windhoek
Hamunyela sê buiten Windhoek en Hardap het die geriewe op Swakopmund een Covid-19-positiewe geval en 41 toetsuitslae is nog uitstaande.
Hy het verder bevestig Walvisbaai het drie gevalle, Farm Scott-korrektiewe geriewe op Tsumeb het tans een positiewe geval en ses uitstaande toetsuitslae, Lüderitz het een positiewe geval en Gobabis het nog een uitstaande toetsuitslag.
Covid-19 het nie Grootfontein, Omaruru, Oluno, Elizabeth Nepemba, Divundu en Keetmanshoop se korrektiewe geriewe geraak nie, het hy gesê.
Inperking
Volgens Hamunyela word die tronke streng tydens Covid-19 en gepaardgaande regulasies ingeperk.
“Ons verstaan hulle (gevangenes) het ook families, maar dit is ons plig en verantwoordelikheid om hulle veilig te hou.
“Die tronke se deure sal eers weer open as die gevalle af neem.
“Ons versoek die publiek om die situasie te begryp.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie