Hardap se lot spoel na melkbedryf oor
Hardap se lot spoel na melkbedryf oor

Hardap se lot spoel na melkbedryf oor

Sowat 80% van plaaslik geproduseerde melk kom van produsente op dié besproeiingskema.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die voortbestaan van Namibië se suiwelbedryf is in die weegskaal.

Dit hang waarskynlik daarvan af of die Hardapdam weer genoeg water vir besproeiingsdoeleindes kry.

Terselfdertyd het moeilike ekonomiese omstandighede asook die afgelope droogte nog twee suiwelprodusente uit dié krimpende bedryf gedwing.

“Geen melkery kan bestaan as dit voer van Suid-Afrika moet inkoop nie,” het die Suiwelprodusentevereniging (SPV) se voorsitter, mnr. Kokkie Adriaanse, gister aan Republikein gesê.

Suiwelprodusente het verlede week hul bestuursvergadering gehou.

Adriaanse sê die Hardapdam is kritiek tot die bedryf, want 80% van al die melk wat in Namibië ­geproduseer word, kom van drie suiwelprodusente op dié besproeiingskema.

Hier produseer melkerye hul eie veevoer onder besproeiing.

Adriaanse sê hy wil hom nie eens uitlaat oor wat die gevolge vir die suiwelbedryf sal wees indien die dam nie genoeg water kry en voer nie daar geproduseer kan word nie.

“Dit sal katastrofies wees, dit is al wat ek kan sê. Ek hoop nie ons kom by daardie punt nie.

“Ek is egter báie bekommerd en die bedryf se uitdagings is baie. Ons enigste uitkoms is reën en selfs al word ons beter pryse betaal, sal dit nie 'n sterk rol speel nie,” het Adriaanse gesê.

Besproeiingswater vir die Har­dapskema is vir die eerste keer in die geskiedenis op 27 Januarie toegedraai toe damvlakke 'n rekordlaagte van 6,1% bereik het.

Intussen kon besproeiingsboere slegs vir 'n week lank weer toegang tot 1 Mm³ (miljoen kubieke meter) water kry.



PRODUSENTE TREE UIT

Adriaanse sê daar is tans nog net 12 suiwelprodusente in die land oor nadat een onlangs uitgetree het en 'n tweede produsent aangedui het hy verlaat die bedryf teen die einde van Maart.

“Die droogte was die grootste dryfveer,” sê Adriaanse.

Hy sê Namibia Dairies het onlangs voorgestel suiwelprodusente kry 'n prysverhoging van 10c

gegewe die huidige ekonomiese toestande.

Adriaanse meen produsente sal hulle waarskynlik hierby moet berus.

Intussen knel voortdurende stygings in voerpryse die bedryf vir minstens die afgelope drie jaar al.

“Voerkoste is baie hoog,” sê Adriaanse.

Volgens die Namibië Landbou-unie (NLU) se jongste nuusbrief staan die melkproduksiekoste-indeks op 71% van produksiekoste.

As 2018 en 2019 se vierde kwartale vergelyk word, het suiwelprodusente se voerkoste met 13% gestyg, wat beteken hul uitgawes was hoër as hul inkomste.

Terselfdertyd was die volume plaas­like melkproduksie in 2019 sowat 9% laer.

In 2018 is sowat 23 miljoen liter melk gelewer, waar net 21 miljoen liter verlede jaar gelewer is.

Dit omdat produsente noodgedwonge op voerkoste moes bespaar, wat die volume van melkproduksie beïnvloed en ook veroorsaak dat produsente van hul melkkoeie moet verkoop.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!