Hardap steeds nie buite gevaar
NamWater sê die Hardapdam se water sal dalk net 'n jaar hou, terwyl 'n invloei van water na Windhoek se driedamstelsel watersekuriteit oor die kort termyn verbeter het.
Elvira Hattingh
Indien geen nuwe water die Hardapdam binnevloei nie, sal sy huidige inhoud van sowat 126 miljoen kubieke meter (Mm³) water na raming net sowat 'n jaar lank hou.
“Hoewel die Hardapdam se situasie verbeter het, is ons nog nie buite die gevaarsone nie,” het NamWater se dr. Eino Mvula gister in 'n video-onderhoud aan Republikein gesê.
Mvula het verduidelik die besproeiingskema tesame met die dorp benodig sowat 43 Mm³ water per jaar, terwyl verdamping jaarliks 'n bykomende 43 Mm³ water uit die dam verlore kan laat gaan.
“Die Hardapdam sal dus waarskynlik net genoeg water vir een jaar lank hê,” het hy verduidelik. Dit is dus belangrik dat dit wys en doeltreffend gebruik word,” het Mvula gesê.
Dit volg nadat dié dam nou bykans 43% vol is. Die dam se besproeiingskrane is op 27 Januarie noodgedwonge toegedraai toe hy slegs 6,5% water oorgehad het – wat vir Mariental self gehou moes word.
Intussen is die dam se besproeiingskanaal ook beskadig, wat besproeiingsboere weer in die knyp laat tot dit herstel kan word. Mvula het bevestig herstelwerk aan die kanaal vind binnekort plaas.
SENTRAAL-NAMIBIË
Mvula sê met die uitsondering van die Ooste se damme het die meeste damme in die land 'n baie goeie invloei van water gehad, wat in die kort termyn tot die land se watersekuriteit bydra.
Sedert 17 Februarie het nasionale damme in totaal sowat 129 miljoen Mm³ ontvang, sê hy.
Mvula sê die invloei van groot hoeveelhede water na die drie damme wat Sentraal-Namibië asook Windhoek van water voorsien, naamlik die Von Bach-, die Omatako- en die Swakoppoortdam, is merkwaardig.
Dit het dié gebied se korttermynwatersekuriteit soveel verbeter dat die onttrekking van ondergrondse water by die Berg Aukas- en Kombatmyn onlangs drasties verminder kon word, terwyl wateroorplasings van die ander twee damme af na die Von Bachdam gestaak is.
“Water van dié bronne in die Noorde word tans slegs deur byvoorbeeld Okakarara en sy nabygeleë nedersettings benut, asook deur gebruikers wat langs die pyplyne geleë is,” het Mvula gesê.
“Ons het vantevore ook water van die Omatako- en Swakoppoortdam na die Von Bachdam oorgeplaas om verdamping so laag as moontlik te hou.
“Die Von Bachdam is tans egter bykans 100% vol en daar kan nie nog water na dié dam gepomp word nie. Die idee is dus om so voort te gaan tot aan die einde van die reënseisoen en ons opsies dan weer te oorweeg,” het Mvula gesê.
Hy sê omdat die reënseisoen steeds nie verby is nie hoop NamWater damme kry nog water, wat die land se watersekerheid in die kort termyn sal bevorder.
Mvula meen Namibiërs moet “besef en aanvaar” ons woon in 'n land met 'n waterskaarste en moet water wys gebruik.
OANOBKRAAK ONDERSOEK
Intussen het NamWater se woordvoerder, mnr. Johannes Shigwedha, gesê NamWater is steeds besig om 'n kraak in die Oanobdam se wal te ondersoek.
Meer inligting is nodig om te bepaal of die kraak rede tot kommer is, berig Yolanda Nel van Windhoek Express.
Shigwedha het aan haar gesê 'n veiligheidsopname van die wal is in 2014 gedoen. Dit is weer in Mei verlede jaar met 'n modelleringstudie van die wal opgevolg, waarin die waargenome en teoretiese werking daarvan gesimuleer en vergelyk is.
Shigwedha sê weens 'n gebrek aan nuwer waarnemingsdata van die wal se werking was studies tot dusver nie deurslaggewend nie.
“Tog, gebaseer op ouer inligting blyk dit die wal werk nie soos hy oorspronklik ontwerp is om te werk nie,” sê hy. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie