Harde klippe langs die Kunenerivier
JOHN FREDERICKS SKRYF:
Dit is Maandagoggend en ek het die goddelike voorreg in plaas van om te gaan werk, om uit te sien na twee dae van onbeperkte ontdekking en anderse ervaringe.
Ek kies die grondpad na die Kunene River Lodge, maar binne die eerste 60 minute van my toer is ek die pad byster en ry in ’n onbegaanbare tweespoor. Ek hou so na as moontlik aan die sy van die rivier, wat my vorentoe geweldige uitdagings sou bied.
Ek moet hier noem dat die Kunenestreek en sy paaie nie vir ontwerper 4x4's is nie. Nog minder vir ontwerpersonbrille of enigiets anders van ontwerpersklas.
Die pad en die streek vra en verg vernuf, gehardheid, onverskrokkenheid en ’n oordosis avontuurlustigheid.
Die gedeeltes waar ek wel teen die rivier kan ry, is asemrowend mooi, maar verleidelik gevaarlik. Die swartgebrande rotse aan die noordelike kant van die rivier weerkaats in die bruinrooi water van die rivier.
Die water in die rivier het die kleur van brandewyn met Coke. Op een stadium het ek toe maar gestop om ’n teugie water uit die rivier te drink, net om myself te oortuig dat dit nie die ware jakob is nie.
Ek ploeter maar voort met hondse gedagtes net om maar om te draai toe ek weer by ’n redelik geskraapte pad aansluit. Dit is hier waar die tweede van my sewe onvergeetlike ervaringe plaasvind.
Na twee ure se stoksiel alleen in die middel van êrens, wat eintlik nêrens was, kom ek homo sapiens tee wat toer in ’n gepansterde FJ met ’n Noord-Kaapse registrasie. Die bestuuder van die pantserwa is ’n ouerige, moontlike afgetrede, fris geboude boer, met ’n snor wat vir Kallie Knoetze met jaloesie na die boer se snor sal laat smag.
Hy het ’n verskriklike ernstige gesig, met ’n permanente frons, maar dit kan moontlik wees dat ek die oorsaak van sy frons kon gewees het. Sy metgesel is sowat ’n jaar jonger as hy met ’n oop, vriendelike glimlag met lewenslyne wat aandui dat sy eens ’n pragtige vrou was.
Ek het veilig en met goeie rede aangeneem dat dit ’n egpaar is, want geen mens sal op daardie ouderdom met ’n skelmpie die boendoes invaar nie.
Na ’n ruk se ry, hulle voor en ek in hul spoor, stop die oom en ek trek langs hul in. Opsetlik soos ek kan wees, groet ek hulle hartlik en vriendelik in Engels.
Die oom brom ’n onverstaanbare iets, maar ounooi groet vriendelik en vra waarheen ek op pad is. Ek noem toe dat ek nie eintlik weet waar ek is nie, maar dit sal help as hulle my die versekering kan gee dat ek op pad Epupa-watervalle toe is.
Dit is toe dat ounooi vir oubaas in Afrikaans sê hulle is mos ook op pad Epupa toe, en dat hul GPS toon dat ons nog op die regte pad is, ondanks die feit dat ons letterlik deur drie Himba-nedersettings gery het. By tye, wanner die pad werklik onbegaanbaar was, het ounooi maar uitgeklim en soos ’n wafferse gids vir die oom die beste alternatief beduie, wat sy toe ook vir my gedoen het sodra hulle deur die moelike dele was.
Ek besef die paartjie het geen verantwoordelikheid teenoor my gehad nie. Dalk was dit veral ounooi wat vir oubaas geforseer het om by die onbegaanbare gedeeltes te wag tot ek weer in sig was.
Gelukkig het my wa en my vernuf my nie in enige verleentheid gebring, maar ek was nogsteeds dankbaar vir die gebaar van omgee, mededeelsaamheid en menslikheid.
Die oom en ounooi stop langs die pad vir middagete, maar ek ry voort, net om 50 km later in gebroke Engels uit te vind dat ek die afdraai na die Epupa-watervalle mis gery het. Petrol en tyd het omdraai onmoontlik gemaak, wat onmiddellik tot die derde, spesiale ervaring aanleiding gegee het.
Daaroor skryf ek later.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie