Harde werk snoer drietal saam
Harde werk snoer drietal saam

Harde werk snoer drietal saam

Fiksheid
Andrew Poolman
Drie bekendes in plaaslike sportkringe tree op as ambassadeurs van die sportaanvulling Zinmag, wat ook as een van hul borge optree.

Van links op die foto staan Francie Gerber (biokinetikus en Crossfit-atleet), die sterkman André du Preez en die naelloper Jolene Jacobs.

• Die 24-jarige Jacobs was een van die Namibiërs wat danksy die uitruilooreenkoms met Jamaika ''n paar maande in dié land deurgebring het.

“Ek het die geleentheid gehad om saam die wêreld se bestes soos Shelly-Ann Fraser Pryce, Elaine Thompson, Nesta Carter en andere te oefen.

“My mikpunt is om nie net vir groot internasionale byeenkomste te kwalifiseer nie, maar om die eindronde te haal. My grootste doelwit is om die 2020 Olimpiese Spele te haal en niks sal my keer om my droom te bewaarheid nie.”

• André du Preez geniet steeds bekendheid nadat hy van 2003 tot 2008 Namibië se sterkste man was. Hy is ook die enigste Namibiër wat op internasionale vlak in dié sport meegeding het. Op sy toppunt was hy die derde sterkste man in Suid-Afrika in 2008. Hy hou steeds talle plaaslike rekords in kragoptel.

“Ek het in 2013 my beste prestasie in bankstoot (bench press) op Walvisbaai gelewer (255 kg) en ek weet nie van enigiemand wat dié rekord probeer oortref het nie.

“Wat ek in my lewe bereik het, was nie geluk of goeie gene nie, maar baie harde werk en ''n groot klomp vasberadenheid. Met groot spiere kom groot verantwoordelikheid.

“Ek werk steeds in die gimnasium op Walvisbaai en reël elke jaar ''n baie gewilde kompetisie tydens die Visfees. Baie mense vra my advies oor oefenprogramme en diëte en hoewel ek nie iemand is wat al sy geheime weggee nie, is ek bereid om enigiemand by te staan wat ''n gereelde oefenprogram volg.

“Ek is nie net nog ''n lid van die oefengemeenskap nie, maar volg my lewe deur die voorbeeld van my drome en doelwitte. Mense vra hoe ek kan oefen terwyl ek by die gimnasium werk. Dan glimlag ek net en sê: Obsessie is die lui mense se woord vir toewyding.”

• Francie Gerber het in 2014 begin Crossfit doen om ná twee swangerskappe weer haar lyf terug te kry.

“In 2015 het ek aan my eerste Crossfit Ope kompetisie deelgeneem en in die 175ste plek in Afrika klaargemaak.

“Ek het later ook in ''n spankompetisie (United We Stand) meegeding waarin ons 13de uit 154 spanne was. Dié uitslag het my entoesiasme behoorlik laat vlamvat.

“Vroeg vanjaar was ek in die top 100 in Afrika in die Crossfit Ope. In April was ek en my spanmaat Elzke de Goede 12de uit sowat 60 spanne by die Throwdown kompetisie in Pretoria.

“In 2017 sal ek graag by die Pretoria Throwdown my algehele posisie, asook ons span se posisie wil verbeter. Ek oefen ses dae per week en danksy Zinmag Sport kan my liggaam die pas volhou en op ''n daaglikse grondslag verbeter.”

• Die produk is beskikbaar by apteke, Das Bike Shop of deur Frans-Anthonie by [email protected] te kontak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!