Harde woorde vir stadsvaders
Die streeks- en sentrale regering moet Windhoek se munisipaliteit en die private sektor met vinniger diensverskaffing help.
Augetto Graig - Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling het tydens die bekendstelling van Windhoek se munisipaliteit se vyfjaar- omkeerplan haarself sterk teen nepotisme en stadige dienslewering uitgespreek.
“'n Boetie-boetie besigheid, wie ons ken en wie ons nie ken nie, sal Namibië nie help nie. Die meerderheid moet baat. Terwyl die meerderheid in armoede kop bo water probeer hou, is daar 'n paar individue wat links en regs net mors. Wanneer sal hulle ooit tevrede wees? Die stadsraad moet vir verbeter," het me. Sophia Shaningwa gesê.
Volgens haar blyk dit “geleenthede word net vir 'n paar ontwikkelaars gegee, terwyl die meerderheid swaar kry”. Shaningwa het verwys na die stadige diens van grond en gesê al drie vlakke van die regering, naamlik plaaslike, streeks- en nasionale regering, moet hulpbronne bymekaarvoeg om vooruitgang aan te moedig.
“Die stad kan nie die stryd alleen voer nie, hulp is nodig. Sedert 2014 is die aantal woonerwe wat in Windhoek gediens is, teleurstellend,” het sy gesê.
“Ek verstaan die topografie en die berge om Windhoek maak dit moeilik, maar dit is nie 'n verskoning nie. Die private sektor kan deur middel van private-openbare vennootskappe 'n rol speel.”
Shaningwa het voorts gesê sy wil vordering sien.
"As hulle die geld het, laat hulle die grond diens en die huise bou, maar op ons, nie hulle terme nie. Eerder as opgeblaasde pryse het ons 'n meer innoverende benadering nodig.”
Sy het die munisipaliteit se uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, as die drywer van 'n groot wa beskryf. Sonder die passasiers se samewerking, kan die drywer hulle nie veilig by hul bestemming kry nie, het sy gesê.
“Ek wil 'n nuwe gees en houding by munisipale beamptes sien."
Ten spyte van die hoofstad se uitdagings, soos die toestroming van inwoners uit die platteland wat voorts tot informele nedersettings lei, is daar volgens die minister nie 'n verskoning vir die aantal klagtes van onregverdige behandeling wat op haar lessenaar beland nie.
“Van die munisipale raadslede verstaan die doel van goeie bestuur. Ander neem besluite sonder om die raad te nader en wat die raad ondermyn en na onnodige regsaksie lei. Julle moet die leisels neem en regverdigheid, deursigtigheid en verantwoordbaarheid verseker.”
Deel van die nuwe vyfjaarplan sluit die herstrukturering en -ontplooiing van munisipale beamptes in, wat volgens Shaningwa goed is.
“Wees egter versigtig om dit binne bestaande wette en beskikbare hulpbronne uit te voer. Dit mag nie gebruik word vir die bevrediging van vriende en familie nie.”
As minister weet sy wat by elk van die 57 plaaslike owerhede aangaan.
"Ek luister en ek slaap nie. Administratiewe geregtigheid is belangrik en die tekort daaraan is hoekom dinge nie werk nie. Dit is tyd dat dit verander, hulpbronne moet billik verdeel word,” sê sy.
Sy het aan Kahimise gesê: “Ek vertrou jou tot jy my teleurstel. Die publiek kyk na ons. Ek glo sterk die antwoorde op uitdagings is in die plan, dit moet net spoedig toegepas word. Onthou die mense moet die tasbare resultate kan sien."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie