Hardwerkende toptien wys hul staal

Sanet de Waal
Sukses val nie uit die lug nie. Daarvan kan die toptienleerlinge getuig wat pas die nuwe graad 12-gevorderde vlak-eksamens (NSSCAS) voltooi het.

Jada Izaks van St. Paul’s College kon haar ore nie glo toe aangekondig is dat sy eerste in die land is nie. “Ek is ekstaties en trots, want ek het baie hard gewerk.” Haar toekomsplanne behels om haar graad in rekenaarwetenskap te verwerf.

Vir Chika Libuku was dit ’n verrassing om uit te vind dat hy tweede in die land is. “Jy moet veerkragtig wees en weet watter studietegnieke vir jou werk,” sê hy. Dié jong man van St. Paul’s College is tans besig om aan die Universiteit van Kaapstad vir aktuariële wetenskap te registreer.

Ndateelala Ndjamba (3de) van die Sekondêre Skool Gabriel Taapopi in die Oshanastreek het nie hoop tydens die pandemie verloor nie en sê sy kon dit nie sonder die hulp van haar gemeenskap doen nie. “Al wat ek kan sê is dat ek gelukkig en geseënd is,” sê sy. Sy wil haarself as ’n geoktrooieerde rekenmeester aan die Universiteit van Kaapstad bekwaam.

Paavo Nghikevali van die Sekondêre Skool Onawa in die Omusatistreek, wat die sesde posisie op die top-10-lys beklee, sê: “Dit alles hang van die moeite wat jy doen en begeerte af.” Soos meeste van die leerlinge het hy dit ook nie verwag om in die toptien te wees nie. Sy toekomsplanne behels om ’n graad in elektriese ingenieurswese te verwerf.

“Ek het net my bes probeer al was dit moeilik,” sê Ando Amunkete (7de) van St. Paul’s College. Haar toekomsplanne is om vir ’n rekenmeester aan die Universiteit Stellenbosch te studeer.

Anders as die res, wou Griffith Bezuidenhout (8ste) van Windhoek Hoërskool altyd in die toptien wees. “Om te sê ek is oorweldig is sag gestel,” sê hy. Hy gaan ’n oorbruggingsjaar neem en hoop om meganiese ingenieurswese in die buiteland te gaan studeer.

Vir Tuli-Meameno Shatona (9de) van die Sekondêre Skool Gabriel Taapopi is dit nog steeds onwerklik. “Ek is baie trots om een van die land se topkandidate te wees. Dis ’n bewys van my harde werk en toewyding,” sê sy. Volgens haar kon sy dit nie op haar eie kon doen nie en beplan om ’n geoktrooieerde rekenmeester te word, maar sy het nog nie op ’n universiteit besluit nie.

Elke bietjie werk tel vir Magdel van der Merwe (10de) van Windhoek Gimnasium. “Tydsbeplanning is my sleutel tot sukses,” sê sy. Sy is tans besig om biomediese wiskundige wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch te studeer.

Melissa Nel (4de) van Edugate Akademie en Patrick Tenga (5de) van Elcin Nkurenkuru was teen druktyd nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.63 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.33 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 625.55/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.44/lb UP +2.76% | Zinc US$ 2 984.50/T UP 3.2% | Brent Crude Oil US$ 75.50/BBP UP +1.51% | Platinum US$ 970.47/OZ UP +1.30% #REF!