Hare waai by skolerugby
Die poppe het gedans ná Saterdagaand se eindstryd van die Momentum Skolerugbytoernooi toe volwassenes slaags geraak het.
Denver Kisting - “Dit is absoluut pateties en onopvoedkundig.”
Só sê me. Colette Rieckert, die uitvoerende hoof van Windhoek Gimnasium.
Dít kom nadat Rieckert en mnr. Johan Zaayman die afgelope naweek glo byna mekaar te lyf gegaan het oomblikke ná WAP se oorwinning in die Momentum o.19 Superliga-eindstryd.
Zaayman is die afrigter van WAP se o.19-span.
By navraag het Rieckert gister aan Republikein gesê: “Ek is baie diep teleurgesteld in wat hul afrigter vir ons kinders gesê het.”
Sy sê hoewel sy “aanvaar almal was baie emosioneel” ná die aksiebelaaide eindstryd ly sy steeds aan skok oor hoe hy (Zaayman) “my gestamp en gestoot het toe ek hom teregwys – veral van ’n man wat veronderstel is om ’n voorbeeld te stel”.
Sy sê sy wys altyd hul leerders daarop “ons verloor eerder op ’n mooi manier as wat ons op ’n lelike manier wen”.
Volgens Rieckert laat die voorval “’n bitter smaak en die wen of verloor maak nie meer saak nie”.
Sy voer aan Zaayman het aan Gimmies se kaptein gesê: “Hou jou p**sbek en jou klein p**sgesig.”
“Hy was só ontnugter en kon nie gló dat ’n volwassene dit gesê het nie.” Rieckert kon kwalik ophou lag oor ’n bewering dat sy Zaayman wou aanrand. “Ek ’n man aanrand? Ek het eenvoudig nadergestap en vir hom gesê: ‘Dis die laagste wat ek nóg gesien het.’ Hy was vieslik.”
Sy gee toe sy gebruik ook “kragwoorde van tyd tot tyd en ek het vir seker daai aand gereageer. [Maar] dis net nie hoe jy teenoor ’n vrou optree nie.”
Hul kaptein was kwaai getraumatiseer deur die voorval, sê sy. “Ons kaptein is nie ’n m*ffie nie. Hy is nie ’n ou wat kla oor dit of oor dat nie. Maar hy was só geskok en het só gehuil.”
Hoewel hulle oorweeg het om stappe teen Zaayman in te stel, het hulle in dié stadium afgesien van daardie plan, sê sy. “Ons tel ons koppe op. Ons kyk na die toekoms en vergeet wat gebeur het.”
WAP se uitvoerende hoof, mnr. Arno van Wyk, het laat gistermiddag gesê hy was nie “naby genoeg” ten tye van die beweerde skermutseling tussen Zaayman en Rieckert nie. “Ons was bo in die losie.”
Op pad ondertoe het hy wat Van Wyk is egter vir Rieckert hoor sê, beweer hy: “WAP is f*kken pateties. Ek het vir haar gevra: ‘Colette, is dit jy wat sulke lelike taal gebruik?’ Maar sy het my nie geantwoord nie.”
Van Wyk sê sy inligting lui dat Zaayman nie op Windhoek Gimnasium se kaptein gevloek of vir Rieckert aangerand het nie. “Daar is geen manier nie. Hy is nie daai tipe mens nie nie. Nee, dis nie die waarheid nie.”
Volgens Van Wyk is hy met sy eie ondersoek na die voorval besig. “Dit is baie sleg. Wat eintlik ’n hoogtepunt moes wees, draai so uit.”
Zaayman het gister gesê “sy het na my toe aangestap en gesê: ‘Johan Zaayman, jy is ’n d**s’.” Hy ontken hy het die kaptein gevloek of haar aangerand. “Sy het aan my baadjie gegryp en ek het haar hand weggeklap en haar toe om my lyf gestoot; toe val sy amper. Shame. Ek het altyd gesê die dag wat WAP vir hulle wen, sal sy ’n hartaanval kry en dis amper wat gebeur het.”
WAP se eerste span het Saterdag vir die eerste keer in sy bestaan ’n sege behaal in die o.19 Superliga van Momentum met ’n naelskraapoorwinning van 26-25 oor Windhoek Gimnasium.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie