Harnas hervestig leeus in die Kavango
Die Harnas-wildstigting het twee jong leeumannetjies, wat beide sowat drie jaar oud is, verlede week in die Buffalo-wildpark aan die oostekant van die Okavangorivier vrygelaat.
Dit volg nadat Harnas op 17 Junie ingelig is dat drie leeus in hul omgewing in die Omahekestreek is.
Ná 'n uitgebreide soektog per voertuig is die leeus op 19 Junie gevind.
“Een van die leeus, 'n mannetjie, het in 'n suidwestelike rigting in die Omahekestreek geloop, terwyl die ander twee leeus op 'n plaas naby aan die Botswana-grens was. Die afstand tussen die een leeu en die ander twee mannetjies was 'n verstommende 220 km,” lui 'n verklaring van Harnas.
Daar word vermoed dat die leeus van Botswana is.
Harnas het, in samewerking met die ministerie van die omgewing en toerisme, die gemeenskappe en boere, besluit om die leeus op hul eie koste te vang en te hervestig.
Die twee mannetjies is op 21 Junie met die hulp van die gemeenskap gevang en op 'n kleiner deel van die plaas gehou.
“Harnas het 'n helikopter met 'n geregistreerde veearts gestuur om die diere met 'n pylgeweer te verdoof en het ook gereël om hulle met 'n geskikte vragmotor vir wildvervoer na Harnas te bring. By Harnas is die leeus medies ondersoek en mikroskyfies is ingeplant.”
Die twee jong leeumannetjies is na Harnas vervoer. Daar is op 'n vrylatingspermit van die ministerie van die omgewing en toerisme gewag wat op dieselfde dag toegestaan is.
“Die vragmotor het op 22 Junie 1 400 km vanaf Harnas na die Buffalo-wildpark in die Bwabwata Nasionale Park vertrek.”
Volgens Harnas was die vrylating van die leeus 'n reusesukses en hulle pas goed aan in die park.
Harnas bedank almal wat betrokke was by die suksesvolle vang en vrylating van “een van Namibië se waardevolste bates”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie