‘Harry en Meghan, hoekom is julle so snoep?’
Saamgestel deur Landi Slatter – Die Britte is boos omdat Meghan, hertogin van Sussex, en prins Harry besluit het om hul eersteling se doop Saterdag privaat te hou. Die twee maande oue baba, Archie Harrison Mountbatten-Windsor, is in ’n private kapel in die Windsor-kasteel voor net 25 gaste gedoop.
Die Britte is vies, want hulle het net verlede maand uitgevind belastingbetalers het ’n astronomiese £2,4 miljoen betaal vir opknappingswerk aan die egpaar se Frogmore Cottage.
Twitter-gebruikers het laat waai toe hulle hoor dat fotograwe – anders as by die doopplegtighede van Kate en William se spruite – nie toegelaat sou word by die familie se aankoms by die plegtigheid nie. Só suinig is die koninklike ouers met inligting oor die groot gebeurtenis dat hulle nie eens wil sê wie die kleinkind se peetouers is nie.
“As hulle ’n private lewe wil hê, moet dit nie vir ons nodig wees om te betaal nie,” het iemand getwiet. Nog iemand het Meghan en Harry herinner bekendheid is nie ’n “kraan wat jy kan oop en toe draai” nie.
Ondersteuners van Meghan meen egter die kritiek is eintlik maar net bedekte rassisme.
Koningin Elizabeth was nie by die doop nie, volgens die skinderpers omdat sy “reeds ingestem het om die naweek saam met haar man, prins Philip, in Sandringham deur te bring”. Sy was darem ook nie by Archie se nefie, prins Louis, se doop nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie