Harry Potter-memorabilia vlieg hoog
As jy een van die eerste Harry Potter entoesiaste was en dalk 'n eerste uitgawe van Harry Potter and the Philosopher's Stone op jou rak het, kan jy al die pad bank toe lag.
Harry Potter is die nuwe veilingsfenomeen en Harry Potter-memorabilia word soos soetkoek op veilings opgeraap, sê Pontus Silfverstolpe, stigter van die aanlyn veilingsoekenjin Barnebys.
Hy sê die pryse van eerste uitgawes, aandenkings, rolprentplakkate en -kostuums het die afgelope dekade stelselmatig die hoogte ingeskiet en betower beleggers deesdae ook.
Die waardevolste artikels is die eerste uitgawe van J.K. Rowling se eerste Harry Potter-boek, Harry Potter and the Philosopher’s Stone in hardeband. Net 500 is gedruk en 300 daarvan is na biblioteke. “ ’n Eksemplaar van Harry Potter and the Philosopher’s Stone is onlangs vir £106 250 deur Bonhams in Londen opgeveil.”
En ’n handgeskrewe en geïllustreerde eksemplaar van Rowling se The Tales of Beedle the Bard, wat ten bate van liefdadigheid op ’n veiling van Sotheby’s verkoop is, het ’n rekordprys van £1,95 miljoen gehaal.
Teen die vierde Potter-boek het die skrywer al hoe minder boektoere onderneem, wat tot gevolg gehad het dat boek 4 tot 7 met haar handtekening hoogs versamelbaar geraak het.
In Amerika is Rowling se Harry Potter-stoel vir $394 000 op ’n veiling deur Heritage Auctions verkoop. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie