Hart, harde tye en nuwe hoofstukke
Ek het onlangs my 31ste versjaardag gevier, en hoewel party mense nie die verloop van tyd met so baie vreugde aanvaar nie, is ek besonder tevrede daarmee om saam te draf.
Nie net omdat ek dankbaar is om nog ’n jaar met my geliefde familie, vriende en kollegas te kon deurbring nie, maar ook omdat dit ’n jaar was waarin ek die meeste ooit in my lewe geleer het.
Nie net in my loopbaan en persoonlike lewe nie, maar ook wat die waarde van vrede betref.
Tien jaar gelede was een van die interessantste tye van my lewe.
Ek gebruik die woord “interessant”, want om te sê dit was die rofste en mees traumatiese tyd in my lewe, sal nie reg laat geskied aan die ongelooflike liefde en menslikheid wat ek op die mees onverwagse plekke en omstandighede ervaar het nie.
Ná ’n baie ongelukkige voorval, wat ná jare ’n keerpunt bereik het, het ek myself in ’n hof bevind, aangekla van iets wat baie mense se lewens al vir ewig verander het.
Sonder om in besonderhede in te gaan, kan ek sê die saak is toe afgehandel en selfverdediging is as verweer aanvaar.
Maar dit was ’n ongelooflik spanningsvolle tyd. Dit het vir baie lank – selfs tot vandag toe – ’n groot impak op my lewe gehad.
Dit het my laat haat, my myself laat bejammer en almal om my geraak.
Hoewel ek my grootste vyand nooit so ’n donker wolk toewens nie, was dit ’n tyd waarin ek die mensdom se beste eienskappe ervaar het.
Die gaafste mense wat soms deur hul omstandighede binne oomblikke bitter vinnig, bitter gevaarlik geraak het, het my in die gevangenis gevoed en beskerm.
So baie mense plaaslik en oraloor die wêreld het my so lank gehuisves dat ek duike in hul sitkamerbanke geslaap het. Ek het lewensveranderende vriende gemaak, en ander verloor – dalk ook maar goed. Ek het rolmodelle in die onwaarskynlikste mense gevind, en ook die aaklige kant gesien van mense wat ek verafgod het.
Daar was ook oomblikke waarin ek my lelike kant aan my familie, vriende en die hele nasie ontbloot het.
Soms het daai kloutjie om my hart bietjie styf getrek en vir my soos ’n tol tussen makietie, meisies en ander mallighede laat rondspring.
Dit het my gedryf na dinge waaroor ek vir ewig spyt sal wees, en geleenthede van ’n leeftyd laat verbyglip, maar danksy hierdie ervaring is ek vandag die mens wat ek is.
So, al is dit glad nie maklik vir my om te sê ek is bly ek is daardeur nie, is ek moeg om dit saam met my te sleep, en sal ek altyd dankbaar wees vir dié wat my gehelp het met ’n paar ou tekkies, ’n rugsak, of al daai “geoude” N$100-dollars wat net op die regte tyd gekom het en ook net só lank gehou het.
Al die saamrygeleenthede wat ek aangebied is, al daai bietjies kossies wat mense met my gedeel het en al daai liefde, gasvryheid en ondersteuning wat ek in daai swaar tye ontvang het, sal vir altyd voorop in my gedagtes wees, voordat ek aan al die sakke sout begin dink wat ek moes sluk.
Dit sal die wonderlike mense minag wat my lewe oor die jare so helder ingekleur het.
So, ek dank die Here vir die klippe op my pad, en selfs vir dié wat nog kom, omdat hy my altyd sal voorsien van die krag om daardeur te kom, en vir die ongelooflike mense wat my sal dra wanneer ek sukkel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie