u2018Hart van staatskapingu2019 onder Ace se neus
u2018Hart van staatskapingu2019 onder Ace se neus

‘Hart van staatskaping’ onder Ace se neus

Die klagte teen die sogenaamde Gupta 8 is in Desember voorlopig teruggetrek.
Charles Smith - Die wêreld is besig om al warmer te word vir Ace Magashule.

Die Zondo-kommissie is volgens aanduidings besig om sy ondersoek na die Vrystaat uit te brei na wat bronne as die “hart van staatskaping” beskryf.

Bronne na aan die Zondo-kommissie wil ook weet hoe dit moontlik is dat die senior politici in die Vrystaat nie vir die Vrede-bedrogspul vervolg is nie.

Magashule was premier van die Vrystaat toe die Vrede-suiwelskema bedink is. Sy boesemvriend, Mosebenzi Zwane, was die LUR van landbou onder wie die skema uitgevoer is.

Hoewel Magashule se kantoor destyds in Bloemfontein deur die Valke deurgesoek is, is hy en Zwane nooit aangekla nie.

Netwerk24 het pas onthul dat meer as R334 miljoen in minder as twee jaar van die Vrystaatse departement van landbou na die Guptas se maatskappy Estina oorbetaal is. Die meeste van die geld is na die Guptas se bank, Bank of Baroda, in Indië oorbetaal.

’n Bron het gesê die politici het dan kredietkaarte in Suid-Afrika gekry met tot R20 miljoen krediet op.

ZONDO-KOMMISSIE

Terwyl politieke partye en politieke kenners daarop aandring dat Magashule, tans die sekretaris-generaal van die ANC, voor die Zondo-kommissie oor staatskaping moet getuig, is daar ook beroepe dat die nuwe direkteur van openbare vervolging die ondersoek na die bedrogspul hervat. Die klagte teen die sogenaamde Gupta 8 is in Desember voorlopig teruggetrek.

Patricia Kopane, die Vrystaatse leier van die DA, het gesê in die lig van die onthulling van die R334 miljoen se betalings aan Estina, moet adv. Shamila Bitohi, die nuwe DOV, dadelik die vervolging oor Estina hervat.

“Die DA gaan ’n brief aan die nasionale direkteur van openbare vervolging rig met hierdie versoek. Die oppergesag van die wet moet geld sodat diegene wat van ons mense gesteel het ten volle rekenskap van hul dade moet gee.”

Die bron van wie Netwerk24 Estina se bankstate bekom het - wat bewys dat tot R50 miljoen op ’n slag deur die Vrystaatse departement van landbou in Estina se rekening betaal is - het gesê sy ondersoek het bewys die Guptas en die Zumas se staatskaping in die Vrystaat, SAL, Eskom en ander staatsentiteite het die ekonomie oor tien jaar meer as R1 triljoen gekos.

PROBLEME UITVLOEISEL VAN PLUNDERING

Die huidige geldelike ineenstorting van Eskom en die gevolglike beurtkrag en nekslag vir die ekonomie, is alles die uitvloeisel van die Guptas se plundering met behulp van Jacob Zuma en sy seun, Duduzane. Die hele netwerk het egter in die Vrystaat begin.

’n Organogram van die Guptas se Oakbay-groep wys dat Duduzane Zuma as deel van die maatskappy beskou is. Die organogram is by Estina gekry.

Die bron sê die agt swart luukse Range Rovers wat in November 2017 verlate by Vrede gekry is, was ook bestem vir Magashule, Zwane, Jacob en Duduzane Zuma, die burgemeester van die Phumelela-munisipaliteit, en ander in die Zuma-binnekring. Die voertuie is ook met die Estina-geld gekoop wat van die Vrystaatse regering soontoe gevloei het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!