Harte van goud in virtuele uitdaging gewys
Fiksheid
Twee deelnemers in die besonder het gewys hul hart is op die regte plek tydens verlede maand se virtuele uitdaging van die Namibië Hartstigting (NHF) om die aandag op hartgesondheid te plaas deur jou afstand vir ’n naweek op ’n fiets of draf of stap te meet.
David Bishop het 200 kilometer gery en nog 4,6 km gestap, terwyl PC Visser altesame 91 km gedraf het.
Mnr. Gerhard de Koe, uitvoerende direkteur van die NHF, sê dié twee se deelname was absoluut ’n voorbeeld van bydrae tot ’n waardige saak, naamlik om gesonde gewoontes en hartgesondheid te bevorder.
Altesame 58 deelnemers het geregistreer en het gestap, gedraf of fietsgery.
Hoewel hul gesamentlike afstand (2 090 km) heelwat kort van die ambisieuse doelwit van 20 000 km vir die heel eerste aanbieding van die virtuele uitdaging was, sê De Koe die plan is om volgende jaar se byeenkoms hopelik as ’n ware fiksheidstoets te reë.
De Koe het sy waardering uitgespreek teenoor die 58 deelnemers aan die byeenkoms, asook teenoor Bank Windhoek as die hoofborg en vir die gelukspryse wat deur Woermann Brock, Namibia Dairies, Westlane Spar, Maerua Super Spar, Closwa Biltong, Gondwana Collection en Checkers Maerua aangebied is.
FOTO
Van links: Gerhard de Koe, uitvoerende direkteur van die Namibië Hartstigting, saam met PC Visser wat 91 km gedraf het, Ilse Draghoender wat 8,58 km gestap het, en me. Suzette January van Bank Windhoek se skakelafdeling. Afwesig was David Bishop wat 200 km op sy fiets afgelê het en nog 4,6 km gestap het. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie