Hartkwaal eis derde fietsryer vanjaar
Fietsry
Andrew Poolman - Die bekende fietsryer Titus Koen het Dinsdag by sy huis ineengestort terwyl hy besig was om plaveisel te lê. Hy het op die toneel aan ’n hartaanval beswyk, net twee dae voordat hy vandag sy 48ste verjaardag sou vier.
Koen, ’n bestuurder by Agra, se skielike afsterwe is opnuut ’n groot slag vir die Namibiese fietsrygemeenskap, vernaam vanweë sy bereidwilligheid om administratiewe werk agter die skerms te verrig.
Tot onlangs nog het hy as visepresident van die Namibiese Fietsryfederasie gedien, voordat hy hom om mediese redes van hierdie verpligtinge onttrek het. Hy het tevore reeds twee hartoperasies ondergaan.
Koen se seun Dieter het na vore getree as ’n nasionale junior fietsrykampioen wat Namibië die afgelope twee jare op kontinentale vlak verteenwoordig het. Titus en sy vrou Heidrun het ook ’n dogter, Michelle.
Koen senior was ’n kragtige mededinger in plaaslike resiese – in besonder op die platter roetes. By die nasionale tydtoetskampioenskap in Februarie was hy sesde in die kompeterende kategorie vir veteraanmans, toe hy die 22 km in 33 minute 06 sekondes afgelê het. Die vyftal voor hom (Jacques Celliers, Hans du Toit, Cobus Smit, Fanie Steenkamp en Pierre Knoetze) het min bekendstelling nodig.
Die begrafnisdiens is vir komende Saterdag om 15:00 by die NG Moedergemeente bestem.
• Die belowende Ruan van Staden (23) is in Maart vanjaar tuis in sy slaap aan ’n hartkwaal oorlede, terwyl die 55-jarige sakeman Gunnar Jensen in middel Mei ’n hartaanval gekry het terwyl hy aan ’n fietsbyeenkoms naby Otjiwarongo deelgeneem het.
Namibië se elite ryer Tristan de Lange het ook ’n hartoperasie ondergaan nadat hy tydens die Cape Epic skoftoer in Maart moes onttrek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie