'Hartseer dag vir jag in Afrika'
'Hartseer dag vir jag in Afrika'

'Hartseer dag vir jag in Afrika'

Met Suid-Afrika wat tans die enigste land in wêreld is waar geblikte leeujag wettig is, meen Napha dit bring oneer aan die etiese jaggemeenskap.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha) betreur die bedanking van sy eweknie in Suid-Afrika wat 'n storm in die jaggemeenskap ontketen het.

Volgens die president van Napha, me. Danene van der Westhuyzen, het die president van die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (Phasa), mnr. Stan Burger, hoofsaaklik weens sy konflik met Phasa oor geblikte leeujag bedank.

"Napha wens Burger geluk oor sy sterk teenstand oor geblikte leeujag. Dit is ongelukkig dat hy verplig gevoel het om as president te bedank. Dit is voorwaar 'n hartseer dag vir jag in Afrika," lui 'n verklaring van Napha.

Met Suid-Afrika wat tans die enigste land in wêreld is waar hierdie praktyk wettig is, meen Napha dit bring oneer aan die etiese jaggemeenskap wat dit beywer om bewaring deur jag uit te beeld.

"Geblikte leeujag het 'n direkte negatiewe invloed op die jagbedryf in alle ander Afrikalande en wys daar is minagting teen ander lande se siening oor bewaring deur jag. Hierdie minagting raak die lewensbestaan van Afrikalande direk wat steun op die jagbedryf en die bewaring van ons natuurlike hulpbronne."

Napha wens Burger sterkte toe met sy toekoms en "ons is hartseer om sy bydrae as 'n kollega met integriteit te verloor".

’n Storm het verlede Woensdag in die jaggemeenskap losgebars nadat Burger die vorige aand as die president van Phasa bedank het oor konflik in dié organisasie oor geblikte leeujag.

Burger sê in sy bedankingsbrief jagverenigings oor oral die wêreld word deur ernstige uitdagings in die gesig gestaar. “Phasa is geen uitsondering nie.”

Hy erken in die brief daar is verdeeldheid in Phasa en dat sy bedanking “hopelik” weer eenheid in die vereniging sal bring.

Burger is bekend vir die sterk standpunt teen geblikte leeujag wat hy die afgelope twee jaar ingeneem het.

Phasa het in 2015 besluit hy gaan nie die geblikte jag of teel van leeus ondersteun nie en het van die “leeumanne” geskors wat dit nie wou onderteken nie.

Van die leeutelers wat uit Phasa geskors is, het ’n hofaansoek ingedien om die organisasie te dwing om hulle weer in die vereniging op te neem. Die leeutelers het die saak op ’n tegniese basis gewen.

Na wat betroubaar verneem word, gaan sowat 20 leeutelers en Phasa-lede binnekort aan tugverhore onderwerp word.

’n Anonieme bron het gewaarsku Phasa dreig om te skeur.

Burger het geweier om kommentaar oor sy bedanking te lewer omdat hy ’n vertroulikheidsooreenkoms met die partye in Phasa onderteken het. Hy het egter gesê hy bly lid van die vereniging en sal hom steeds teen hierdie “onetiese” bedryf beywer. - Eie berig en Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Brentford 1 vs 1 West Ham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A