Hartseer families stry met reddingswerkers
Hartseer families stry met reddingswerkers

Hartseer families stry met reddingswerkers

Ethiopië
Estelle de Bruyn
Hartseer families het gister met reddingswerkers handgemeen geraak by 'n Ethiopiese ashoop waar 65 mense die naweek in 'n grondstorting dood is.

Familielede het uit woede die handjie vol reddingswerkers gestamp en rondgestoot en hulle van vertragings be­skuldig. Die families voer aan dosyne mense word steeds ná die grondstorting by die Reppi-ashoop van Addis Abeba vermis.

Maandag het ouers deur die hope vrot rommel gekrap terwyl hulle die name van hul kinders geskree het.

'n Berg rommel het op aanmekaargeflanste huisies in duie gestort en altesaam 49 in puin gelê.

Honderde mense woon op die 50 jaar oue Reppi-ashoop en soek daar vir kos en items soos herwinbare metaal wat hulle kan verkoop.

 - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!