Hartstigting kan risiko help raaksien

Die stigting werk saam met prominente vennote om hul belangrike boodskap by meer Namibiërs tuis te bring.
Die Namibiese Hartstigting hou komende Saterdag 'n openbare geleentheid vir bewusmaking oor gesonde leefstyl.

Die Action Arena in Olympia (oorkant die munipale swembad) is vanaf 09:00 tot 13:00 die plek waar verskeie prettige aktiwiteite soos Zumba aangebied word.

Toegang is gratis en kostelose toetsing van bloedsuiker, bloeddruk, bloedgroep en cholesterol sal ook daar gedoen kan word.

Vir kinders se vermaak word ponieritte op 'n mallemeule, 'n springkasteel, gesigverf en kosverkope ten bate van die Hartstigting se bedrywighede aangebied.

Die interessante lys medewerkende maatskappye en organisasies wat stalletjies by die pretdag sal beman, sluit in Namibia Medical Care (NMC), Namibia Health Plan (NHP), Prosperity Health, Nammed, Windhoek Mediclinic, Paramount-hospitaal, BRG Biokinetics, EatClean Namibia, Z-Life Studio, Mekenificent, Wakandume Trading, Edge Dental Practice, Namibia Dairies, Power Nutrition en die Namibiese Bloed­oortappingsdiens.



FIETSRIT

Die Hartstigting het Sondagoggend sy eerste pretrit vir fietsryers aangebied, met nagenoeg 90 inskrywings van geesdriftiges wat ook die Hartstigting ondersteun het.

Deelnemers het in die hoofstraat naby die Zoo Park weggespring en het by die Action Arena in Olympia klaargemaak, met die keuse van roetes van 20 kilometer, 35 km of 75 km deur die hoofstad.

Vir 'n eerste aanbieding is die organiseerders heel tevrede met die getalle wat opgedaag het, met planne om die fietsrit beslis voortaan jaarliks te hou.

Gelukspryse is agterna oorhandig om fietsryers vir hul deelname te bedank. Die Hartstigting bedank die onbaatsugtige borge wat bygedra het om die geleentheid moont­lik, en gedenkwaardig, te maak.

Sonder sulke vennote wat die koste van aanbieding gedek het, sou die geleentheid nie so 'n sukses kon wees nie. Op dié lys tel Coca-Cola Beverages Africa, Paratus Telecom, FNB Namibia, Standard Bank, Santam, Cymot, Avani Hotel, Hotel Thule, Safari Hotel, Spes Bona Motors, Sportsmans Warehouse, Taeuber & Corssen, Shoprite Checkers, OK Mini Mark Baines en die Namibië Brouerye.

Die Hartstigting se raad van direkteure en beplanningskomitee se visie is om in 'n aangename en gemaklike omgewing 'n forum vir netwerking te skep om mense oor hul werksaamhede en die belangrikheid van hartgesondheid in te lig.

Die stigting is daarop ingestel om Namibiërs deur voorkoming en vroeë diagnose te help te midde van die algemene voorkoms van hartprobleme en verwante siektes.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!