Hartstigting ondersteun gesonde harte
Hartsiektes dra tot 30% van die totale sterftes in die land by.
Die Namibië Hartstigting (NHF) in Windhoek is Vrydag amptelik bekend gestel om bewustheid oor hartsiektes en verwante risiko’s te skep.
Die geleentheid is deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangala, kardioloë, dieetkundiges, nie-regeringsorganisasies, vanjaar se Mej. Namibië, Nadja Breytenbach, sowel as lede van die publiek bygewoon.
Die NHF is in Maart vanjaar in die lewe geroep om met die hulp van vrywilligers oraloor die land ‘n inklusiewe, veilige en bemagtigde gemeenskap te skep vir individue wat aan hartsiektes ly en beroertes gehad het.
Hartsiektes dra tot 30% van sterftes in die land by. Hoewel medici en verwante beroepslui, staats- en private hospitale, mediese fondse en die versekeringsbedryf ‘n wesenlike bydrae lewer om Namibiërs oor voorkomende en vroeë opsporingsmaatreëls oor hartsiektes in te lig, kan meer gedoen word.
Volgens die NHF is dit ‘n moeilike en soms alleenpad vir lyers wanneer hulle met die nagevolge van ‘n hartaanval of beroerte moet saamleef en wat gevoelens van hartseer, woede, angs, skuld, verwarring en stres kan insluit.
Die pad na herstel sluit daarom meer as gereelde oefening en gesonde eetgewoontes in; dit behels ook geestelike ondersteuning wat hartlyers in staat stel om weer holisties gesond te raak.
“Enigiemand kan met ‘n gesonde emosionele en fisiese leefstyl van ‘n hartaanval herstel,” sê die stigter van die NHF, mnr. Gerhard de Koe.
De Koe het sy persoonlike ervaring met hartchirurgie tydens die bekendstelling gedeel en gesê dit het hom met baie emosionele en fisieke behoeftes gelaat. Dit het hom genoop om op te staan en die stem te wees vir baie ander Namibiërs wat dieselfde ervaring gehad het.
“Met die ondersteuning en verskillende bydraes van rolspelers kan ons ‘n verskil maak,” het De Koe gesê.
Thinus Prinsloo, die Capricorn Group se uitvoerende hoof, het tydens dieselfde geleentheid gesê die groep is trots om deel van die beweging te wees wat ‘n positiewe invloed op die lewe van die betrokke pasiënte en hul families sal hê. Vir meer inligting kan De Koe by [email protected] of 081 306 0515 gekontak word. Inligting is ook op die NHF se webtuiste www.namheart.com beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie