'Hartverskeurend' dat WB-toer af is
Die sperdatum wat die FIH aan homself gestel het vir bevestiging van die toernooi het gister diepe teleursteling opgelewer.
Andrew Poolman – Maande en maande van bloedsweet deur spelers en administrateurs is grootliks ongedaan gemaak deur gister se skoknuus deur die wêreldbeheerliggaam (FIH) dat die binnenshuise Wêreldbekertoernooi gekanselleer is.
Namibië sou binne die komende dae beide sy mans- en vrouespanne gestuur het na die wêreldtoernooi wat vanaf 2 tot 6 Februarie in Liege, België gespeel sou word.
Die huidige stand van die Covid-19-pandemie in België en Europa en gepaardgaande onsekerheid oor die aanbieding van ’n veilige toernooi het die organiseerders egter geen keuse gelaat nie.
Me. Mary Hansen, spanbestuurder van die Namibiese manspan en moeder van twee van die spanlede (Dakota en Fagan Hansen), het gister gesê: “Dis absoluut hartverskeurende nuus wat ons vandag ontvang het; veral as mens dink aan al die harde werk en persoonlike opofferings wat die spelers en almal betrokke by die span sedert 2017 moes maak om op die vlak te kom waarop hierdie manne vandag is.
“Die afgelope maande was moeilik met vele uitdagings. Soveel drome is verpletter; ek bedoel, wie sal nie hul land op die hoogste vlak moontlik in hul sport wil verteenwoordig nie?
“Die besluit is bietjie moeilik om te aanvaar terwyl soveel ander internasionale toernooie oraloor die wêreld in bio-veilige borrels voortgaan.
“Agterna beskou, was die manspan seker gelukkig, aangesien ons nog nie finansiële verpligtinge vir ons oorsese reis kon maak nie, aangesien ons tot laas Saterdag nog nie voldoende fondse gehad het om die span na België te neem nie.
“Dit was hoofsaaklik omdat MTC hul openbare belofte van N$900 000 wat in September 2021 vir die span se voorbereiding gemaak is, op die 15 Desember onttrek het.
“Verlede Saterdag het ’n groot borg, Namdia, sy vennootskap met die manspan bevestig en die ‘crowd funding’ wat die span aangepak het, het vrugte begin afwerp. So, effektief sou ons eers (gister) besprekings ensovoorts kon doen.
“Ons het wel planne gehad om ons oefenkamp komende Dinsdag in Nederland te begin deur teen vier klubs met hul Hoofdklasse-liga te speel, twee wedstryde teen Nederland se nasionale span en een wedstryd teen Kazakstan in België voordat die WB-toernooi op 2 Februarie sou afskop.
“Al hierdie planne moes dus gekanselleer word.
“Ons verwerk nog die nuus, maar dink ook reeds aan hoe ons enigiets uit hierdie moeilike situasie kan red. Ons het begin om voelers uit te steek vir ’n toetsreeks teen Nederland en België, sowel as teen Suid-Afrika. Dit sal ’n hartseer vermorsing wees as ons die span nou net in die steek laat gegewe die vlak waarop hulle tans is.
“Hierdie is die beste binnenshuise manspan wat Namibiese hokkie nóg gesien het. Hulle het hul vernuf en passie tydens die pas afgelope reeks teen Suid-Afrika in die Kaap bewys.
“Die Namibiese hokkiegemeenskap het saamgespan en op alle fronte die die manspan werklik ondersteun tydens ons finansiële ellende, terwyl die span heeltemal alleen en radeloos gevoel het. Hiervoor is ons ewig dankbaar en so geseënd. Daardie hulp en die Namdia-borgskap sal die span nou bystaan om sy huidige skuld te betaal (bv. die SA toetsreeks wat ons aangegaan het deur die hulp van ’n weldoener wat die span geld voorgeskiet het om vliegkaartjies en Covid-toetse te betaal) en om vooruit te beplan. Hopelik kan ons daardie toetsreekse laat gebeur.”
Erwin Handura, afrigter van die Namibiese vrouespan, het aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê die besluit is uiteraard teleurstellend, maar ook verstaanbaar. “Vanweë Covid-19 het sommige Europese spanne tans hul hande vol om hul spelersgroepe volledig te hou.”
FOTO’s
Enkele ure voor gister se skokaankondiging het die adjunkminister van sport, jeug en nasionale diens, me. Emma Kantema, die nasionale vrouespan by hul oefensessie sterkte toegewens. Foto Jesse Kauraisa
Die Namibiese manspan tydens ’n onlangse oefenkamp. Foto Lenhert Plaatjie

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie