Harvey eis nege lewens
Amerika
Die tropiese storm Harvey het tot dusver die lewe van minstens nege mense in Texas geëis.
Massas mense is haweloos gelaat en Houston is lamgelê. Skade van biljoene dollar is aangerig. Weervoorspellers sê daar is min storms wat met Harvey vergelyk kan word, soos orkaan Katrina wat in 2005 New Orleans byna in puin gelê het en waarin 1 800 mense dood is.
Die mees onlangse sterfte was toe 'n man Maandagnag verdrink het toe hy oor oorstroomde strate in Houston probeer swem het, het die Houston Chronicle berig.
Die middelpunt van die storm was in die Golf van Mexiko en volgens die Amerikaanse nasionale orkaansentrum sal dit teen vandag na die binneland oor die noordwestelike deel van die Golf beweeg.
– Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie