Hashtag Festival: Wen 'n kaartjie!
As deel van die bohaai oor die eerste-van-sy-soort #Festival, gee die NMH-publikasies Republikein, Namibian Sun en Allgemeine Zeitung gratis toegangskaartjies weg.
Stuur 'n SMS met die woorde “Hashtag-Rep”, “Hashtag-Sun” of “Hashtag-AZ” en jou naam na 51500. SMS'e kos N$3 en slegs een inskrywing per nommer sal in ag geneem word.
Sodra jy een SMS gestuur het, bly jou nommer kwalifiseer vir die kompetisie waarin 15 dubbelkaartjies daagliks om 12:00 weggegee sal word. Wenners sal 'n SMS ontvang en hul elektroniese toegangskaartjies sal vanaf die nommer “77677” aan hulle gestuur word.
Die fees begin op Donderdag 7 September en duur tot Saterdag.
Lesers kan die webwerwe https://zone.my.na/, asook http://hashtag.my.na/ besoek vir meer inligting oor dié loopbaanuitstalling. Dit bevat ook inligting oor gemeenskapspeletjies en -sport asook die Somerfees, wat Saterdag se aktiwiteite sal afsluit.
Lesers kan ook nou reeds uitvind wie die aanbieders van praatjies is en waaroor hulle gaan praat.
Suksesvolle Namibiërs sal 'n plaaslike perspektief bied op verskillende beroepskeuses en loopbane wat vir die land se volgende geslagte beskikbaar is.
Meer inligting oor die sprekers is op die My Zone Facebookblad beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie