Haufiku wéér in die pad gesteek
Pres. Hage Geingob het gister van sy gesondheidsraadgewer, die oudgesondheidsminister, ontslae geraak.
Denver Kisting – ’n Storm het gister opnuut om die kop van dr. Bernard Haufiku, pres. Hage Geingob se gesondheidsraadgewer, losgebars toe hy deur die staatshoof in die pad gesteek is.
Volgens dié oudminister van gesondheid en maatskaplike dienste, wat tot dusver die nasionale reaksiespan oor Covid-19 gelei het, is die afdankingsbrief en aanhangsels gister op hom beteken.
Van dié dokumente sluit in ’n berig wat onlangs in ’n aanlyn koerant verskyn het waarin hy uitgebreid te velde trek teen ’n teenmalariamiddel om Covid-19 te behandel.
Daarnaas het dr. Kalumbi Shangula, die huidige minister van gesondheid en maatskaplike dienste, glo ook ’n brief aan Geingob gerig om Haufiku te verwyder omdat laasgenoemde nie ’n spanspeler is nie.
Daarnaas, het Haufiku gister by ’n kerksaamtrek in Doradopark, gesê sy teenwoordigheid in die taakspan het glo onhoudbaar geword.
Hy het die afgelope jare dikwels by die owerhede in die spervuur beland vanweë sy uitgesproke aard.
Haufiku het gistermiddag beweringe ontken dat hy by dr. Panduleni Itula, ’n tandarts en onafhanklike kandidaat in verlede jaar se presidensiële verkiesing, se nuwe beweging, Independent Patriots for Change (IPC), aangesluit.
Hy het toegegee dié aantygings is onder sy aandag gebring. Maar, sê hy, hy het die afgelope ongeveer 18 maande nie eens vir Itula met ’n oog gesien nie.
Volgens Haufiku bly hy sedert die 1980’s ’n lid van Swapo en sal nie by Itula se party aansluit nie – selfs indien die tandarts hom sou nader.
Hy wou nie uitbrei oor sy toekomsplanne nie.
Volgens hom het hy dikwels in die verlede by visepresident Nangolo Mbumba gepleit om hom van die nasionale taakspan om die Covid-19-pandemie te lei, te verwyder.
Hy sê hy het ondermyn gevoel en is opsy gestoot.
Volgens hom huur ’n dokter tans sy private mediese praktyk by hom en sou dit “onmenslik” wees om summier dié huurder uit te skop.
Omstrede geskiedenis
Dit is nie die eerste keer dat Haufiku en Geingob, wat gister 79 jaar oud geword het, koppe stamp nie.
In Desember 2018 het Geingob by Staatshuis aangevoer Haufiku was deel van die besluit om hom van sy destydse pligte as gesondheidsminister te onthef.
Dr. Alfredo Hengari, presidensiële woordvoerder, het toe aangekondig Haufiku is met onmiddellike effek nie meer die minister van gesondheid en maatskaplike dienste nie.
Luidens daardie skokonthulling sou Haufiku voortaan diens doen in Auasblick as Geingob se spesiale raadgewer gemoeid met gesondheid en maatskaplike dienste.
Tydens ’n destydse geleentheid by Staatshuis om vir Shangula as die nuwe gesondheidsminister welkom te heet, het Geingob uitgevaar teen ministers wat uit die huis uit praat.
Hy het benadruk dié gedrag is teenstrydig met hul eed om nie oor vertroulike kabinetsake in die openbaar te praat nie.
Ministers vergeet dat hulle eweneens nie daar is om hul ego’s te dien nie, het die staatshoof gesê.
Haufiku het laat in 2018 in ’n onderhoud met Republikein se susterkoerant Namibian Sun uitgevaar teen sy baas se beweerde inmengery in die gesondheidsministerie se sake.
Hy was na verneem word op die rooi tapyt daaroor.
Hengari het gister onderneem om ’n verklaring oor die jongste drama uit te reik. Teen druktyd het hy nog nie dié belofte nagekom nie. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie