Hawaiiers maak hul gereed vir nog uitbarstings
Hawaiiers maak hul gereed vir nog uitbarstings

Hawaiiers maak hul gereed vir nog uitbarstings

Nuwe barste by die Kilauea-vulkaan in Hawaii dreun glo soos ’n stralerenjin en spu gesmelte rots uit wat tot so hoog as ’n gebou van vier verdiepings ophoop, terwyl die Amerikaanse owerhede waarsku dat nog uitbarstings kan voorkom.

Dié bars aan oostekant van die vulkaan, een van die aktiefste ter wêreld, is die 16de wat aangeteken is sedert die uitbarsting op 3 Mei.

Duisende mense het hul huise in Hawaii ontruim en talle huise is reeds verwoes.

Die jongste bars het Saterdag verskyn, sowat 1,6 km oos van die vulkaanmonding, en dit het reeds groot skade in die woonbuurt Leilani Estates aangerig. Dit is naby aan verskeie huise aan die rand van ’n veld.

Binne ure het rooi en swart lawa van sowat 12 m hoog en 45 meter wyd uit die bars geloop, met stukke gesmelte rots wat tot 30 m die lug ingeskiet is.

Die intense hitte het omstanders laat sweet en die lug het sterk na brand geruik.

Die Amerikaanse geologiese agentskap (US Geological Survey) het kort nadat die jongste bars gevorm het, gesê daar is steeds aardskuddings naby Kilauea se piek, wat 1,2 km hoog is.

’n Klein, vlak aardskudding met ’n sterkte van 3,5 het Saterdag die eiland getref.

Geoloë het Vrydag gewaarsku dat ’n uitbarsting gedryf deur stoom vanuit die Halemaumau-krater as tot 6,1 km hoog kan uitspu wat dit oor 19 km kan laat versprei.

Kouer magma (gesmelte rots) loop al sedert 1955 stadig uit Kilauea uit, ná ’n soortgelyke uitbarsting.

Die varser magma kan nou agter dit opbou en ’n reeks uitbarstings ontketen, reken wetenskaplikes.

Namate die jongste uitbarstings al hoe groter gebiede raak, haas die inwoners van Hawai hulle om gasmaskers te koop taan die as en gifgasse wat uit die vulkaan gespu word.

’n Werknemer van ’n winkel wat motoronderdele verkoop, sê die gasmaskers word uitverkoop sodra dit op die rakke is. Hulle het tot dusver sowat 3 000 daarvan verkoop. - Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!