Haweloses moet ander heenkome soek
Haweloses moet ander heenkome soek

Haweloses moet ander heenkome soek

Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Die inwoners van die informele nedersetting in 7de Laan, Otjomuise, moet voor die einde van die maand trek.

Dit volg nadat regter Shafimana Ueitele die eerste deel van die aansoek van 15 plakkers wat die munisipaliteit gedagvaar het nadat hulle huise afgebreek is, gister in die Windhoek-hoërhof van die hand gewys het.

Hy het beveel dat hulle Erf 3162, 7de Laan, Otjomuise voor 28 April ontruim en dat deel B van hul aansoek, wat handel oor die wettigheid van die munisipaliteit se optrede, op 26 April aangehoor sal word. Die regter het geen kostebevel gemaak nie.

In die eerste deel van hul aansoek het die plakkers die hof versoek om die munisipaliteit en die stadspolisie te verbied om verdere onwettige uitsettings uit huise, afbreking van huise en verwydering van boumateriaal sonder ’n hofbevel te doen. Hulle het ook versoek dat die munisipaliteit en die stadspolisie hul huise herbou.

In die tweede deel van hul aansoek vra hulle die hof om die besluit van die munisipaliteit en die stadspolisie om plakkers se huise af te breek en hul uit hul huise te gooi, te hersien, onwettig te verklaar en tersyde te stel.

In ’n eedsverklaring deur me. Christine Likuwa namens al 15 inwoners wie se huise op 28 Maart afgebreek is, sê sy die huise is al meer as drie jaar gelede opgerig, ’n feit wat deur die stadsowerhede ontken word. Die aansoekers beweer ook die sloping en uitsetting uit hul huise was onwettig omdat die stadsowerhede nie ’n hofbevel gehad het om hul optrede te magtig nie.

In ’n beëdigde verklaring deur die munisipaliteit se regsadviseur, mnr. Ben Ngairorue, word die 7de Laan-inwoners se beweringe egter betwis. Volgens dié verklaring is die strukture wat die munisipaliteit afgebreek het, nuutaangebou op grond wat aan die munisipaliteit behoort. Deur die plakkershuise af te breek, het die stadsowerhede die eienaars verhoed om die grond onwettig te beset en dus ’n misdryf begaan, het Ngairorue voorts verklaar.

Mnr. Kadhila Amoomo, die aansoekers se regsverteenwoordiger, het aangevoer die stadsowerhede misbruik hul mag deur die huise van arm, gemarginaliseerde en verdrukte mense te sloop.

Namens die stadsowerhede het advokaat Thabang Phatela aangevoer dat die huise nie kwaadwillig afgebreek is nie, maar om die oppergesag van die wet te handhaaf.

Regter Ueitele se geskrewe uitspraak wat die redes vir sy bevel uiteensit, was teen laat gistermiddag nog nie beskikbaar nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!