Hawks triomfeer teen SA franchises
In individuele en spanverband het die Namibiërs uitgeblink.
Andrew Poolman - Die Namibiese Hawks se oorheersing van die Pro Series Indoor (PSI) binnenshuise hokkietoernooi teen die Suid-Afrikaanse franchises is opnuut 'n positiewe teken vir die sport.
Vir die jaarlikse provinsiale toernooi in Kaapstad het die Namibiese franchise in elke ouderdomsgroep met sy Hawks (A-afdeling), Eagles (B-afdeling) en Coastal Cranes van Swakopmund (C-afdeling) meegeding.
Die Hawks van Windhoek, waarvan Trevor en Shayne Cormack die eienaars is, is as die algehele beste franchise vir 2018 in die A-afdeling aangewys. Dié toekenning uit 20 franchises is ook in 2015 en 2016 deur die Hawks gewen.
Veral die seunspanne het sake oorheers, met 'n triomf vir die onder 18's, o.16's én o.14s.
Die o.18-seuns het die eindstryd gehaal, waar hulle met 3-0 teen die West Coast Barracudas aan die wenkant was, danksy doele deur Henco Rieckert (2) en Cody van der Merwe.
Die o.16-seuns se finaal was teen die Gryphons van Gauteng. Die Windhoekers was met 2-1 aan die wenkant danksy twee treffers deur Owen Hatton.
Die o.14-seuns se hoogtepunt was die sege met 3-2 teen die Seals van Kaapstad.
Verskeie individuele spelers is ook bekroon met insluiting in die PSI Afrika All-Stars spanne wat moontlik later vanjaar toere na Europa sal onderneem.
'n Opsomming van die Namibiërs se prestasies:
A-AFDELING
Onder 18 seuns: Hawks wen goue medalje. Liam Hermanus word as die topspeler aangewys en ook as die algehele PSI-ambassadeur vir 2018. Vir die PSI Afrika All-Stars word Liam Hermanus en Dakota Hansen gekies, tesame met Trevor Cormack as afrigter.
Onder 18 meisies: Hawks wen silwermedalje. Kiana Cormack is as die topspeler in die liga bekroon. Cormack en Kaela Schimming haal die PSI Afrika All-Stars.
Onder 16 seuns: Hawks wen die goue medalje. Die beste doelwagter in die ouderdomsgroep was Henning Kruger, wat saam met sy spanmats Fagan Hansen, David Britz en Owen Hatton asook afrigter Johann Weyhe vir die PSI Afrika All-Stars uitgesoek word.
Onder 16 meisies: Hawks wen bronsmedalje. Amber Dercksen, Danja Meyer en Celé Wessels word vir die Afrika All Stars-span gekies.
Onder 14 seuns: Hawks wen goue medalje. JP Britz is die topspeler in die afdeling. JP Britz, Christian du Raan en Thomas Theron haal die All Stars-span, met Ruan Oosthuizen wat as die All Stars se afrigter aangewys word.
Onder 14 meisies: Hawks wen goue medalje. Azaylee Philander word vereer as topspeler in dié afdeling en Jaimie Henckert as die beste doelwagter. Caitlin Gillies, Azaylee Philander, Gina Olles, Hayley Schickerling, Annabelle Rossouw, Jaime Henckert en Sasha Brinkman word uitgesoek vir die All Stars-span.
Onder 13 seuns: Hawks behaal die bronsmedalje.
Onder 13 meisies: Hawks eindig agtste, maar lewer die voorste doelwagter in die liga op (Charlotte Smith).
Onder 13 meisies: Hawks behaal die silwermedalje. Kerrin Gillies is die topspeler in die ouderdomsklas.
B-AFDELING
Die Namibiese Eagles se hoogtepunt is die o.16-meisies se goue medalje, wat meebring dat hulle volgende jaar na die A-afdeling bevorder word. Caitlyn Gillies word as die topspeler in die liga vereer.
Die o.16A-seuns eindig tweede.
Die Eagles behaal ook vyfde plekke met die o.13-seuns, o.14-meisies en o.16B-seuns. Die o.18 Coastal Cranes meisies en o.18 Coastal Cranes seuns eindig beide in die agtste posisie, maar Willie Schoeman word vereer as die voorste doelwagter van die seunsklas.
C-AFDELING
Die Coastal Cranes van Swakopmund word vereer as die voorste franchise in die C-afdeling. Die o.13-seuns behaal die goue medalje en Sampie Venter kry die toekenning as topspeler.
Die o.16-seuns verloor in die eindstryd en lewer die voorste speler in die liga op (Vialli Visagie).
Die o.16-meisies behaal ook die silwermedalje en Francis Burger word as die individuele uitblinkerspeler uitgesonder.
Die o.14-seuns eindig vierde en die o.13-meisies eindig 14de.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie