Heckmair-moordverhoor verdaag tot Maart

In ’n hofsaak wat reeds sewe jaar voortsleep, het die staat weer eens aansoek gedoen dat die saak uitgestel moet word.
Kristien Kruger
Kristien Kruger

Die binneverhoor van die Heckmair-moordsaak is onverwags onderbreek as gevolg van ’n staatsgetuie wat onbeskikbaar is en sal eers volgende maand voortduur.

Die verhoor waarin twee Amerikaners, mnre. Marcus Thomas en Kevan Townsend, van die moord op die 25-jarige André Heckmair teregstaan, sal eers op 8 Maart hervat.

Die binneverhoor handel oor die toelaatbaarheid van bewyse wat deur die polisie sonder ’n visenteringslasbief gekonfiskeer is.

Die staat se laaste getuie is tans in die hospitaal om ’n nekoperasie te ondergaan en is eers vanaf 11 Februarie weer beskikbaar.

Die verhoor was geskeduleer om tot 11 Februarie voort te gaan en die volgende geskeduleerde datums is eers vanaf 8 tot 11 Maart. Ses hofdae is dus in die proses verlore.

VERDEDIGING STAAN AANSOEK TEEN

Die staat het gister die aansoek om uitstel voor regter Christie Liebenberg gebring.

Die beskuldigdes se regsverteenwoordigers, mnr. Mbanga Siyomuinji en me. Laura Pack, het die aansoek teengestaan.

Pack beweer dat die staat dit as ’n vertragingstegniek gebruik.

“Die hof moet nie as gyselaar gehou word weens die onbeskikbaarheid van ’n getuie nie,” het Siyomuinji aangevoer. Hy het verder voorgestel dat die staat hul saak sluit.

Liebenberg het beslis dat die omstadighede buite die staatsaanklaer, adv. Antonia Verhoef, se beheer is en sy die geleentheid gegun moet word om al die getuies te roep wat sy beplan het.

“Die verdediging se argument dat dit ’n vertragingstegniek is, het geen grondslag nie. Die staat kan nie aanspreeklik gehou word vir die getuie se onbeskikbaarheid nie,” het hy gesê.

Liebenberg het wel bygevoeg dat hy die verhoor se vele vertragings in ag moet neem, aangesien die verhoor reeds sowat sewe jaar sloer.

Die verhoor het in November 2014 begin.

Hy het gesê indien die getuie nie op 8 Maart beskikbaar is nie, die kwessie verder hanteer sal word.

AGTERGROND

Die polisie het drie keer die beskuldigdes se kamer in ’n gastehuis in Windhoek deursoek. Die eerste keer op 7 Januarie 2011, die dag van die moord en toe die beskuldigdes in hegtenis geneem is, weer op 8 Januarie en die laaste keer op 9 Januarie.

Die polisie het tydens die visenterings beslag gelê op goedere soos onder meer ’n skootrekenaar en twee 9 mm-geweerlope.

Indien Liebenberg in die verdediging se guns beslis, sal die staat nie die bewyse wat tydens die inventerings gevind is, in die hoofverhoor mag gebruik nie. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.13 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.63 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.33 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 625.55/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.44/lb UP +2.76% | Zinc US$ 2 984.50/T UP 3.2% | Brent Crude Oil US$ 75.50/BBP UP +1.51% | Platinum US$ 970.47/OZ UP +1.30% #REF!