Heckmair-skietmoord: Derde getuie in hof
Heckmair-skietmoord: Derde getuie in hof

Heckmair-skietmoord: Derde getuie in hof

Howe
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Drie getuies het reeds vandeesweek in die hoërhof getuig in die regsgeding teen die Amerikaanse burgers Marcus Thomas (34) en Kevin Townsend (34) wat na bewering nege jaar gelede mnr. Andre Heckmair in Windhoek doodgeskiet het.
Me. Mona-Lisa Goses was die derde getuie hierdie week en het vandag voor die hof verskyn.
Goses het in 2010 en 2011 by die Cardboard Box Backpackers in Windhoek gewerk waartydens sy per e-pos met Thomas gekommunikeer het in verband met verblyf vir Thomas en ’n metgesel.
Sy het vir Thomas ’n bespreking vir twee mense vanaf 25 Desember 2010 tot 9 Januarie 2011 gemaak.
Heckmair is op 7 Januarie 2011 geskiet.
Volgens Goses was sy met verlof vanaf 23 Desember. Toe sy op 1 Januarie terugkeer werk toe, was Thomas nie meer by die akkommodasie nie.
In Cardboard Box Backpackers se registerboek waarin alle gaste glo moet inteken wanneer hulle inboek, was daar na bewering ’n inskrywing onder Thomas se naam.
Geen datum was by Thomas se inskrywing aangedui nie, maar dit was tussen ander inskrywings wat op 27 Desember ingevul is. Goses het daarom getuig dat sy onder die indruk was dat Thomas op 27 Desember ingeboek het.
Hoewel Goses en Thomas oor e-pos gekommunikeer het, het sy hom egter nooit in persoon gesien nie en dra geen kennis van sy metgesel nie.
• Die vorige twee getuies was mnre. Ashley Hendriks en Stephan Tieties. Hulle het Maandag en Dinsdag in die hof verskyn.
Tieties en Hendricks was na bewering betrokke by die verskaffing en aankoop van die 9mm vuurwapen wat gebruik is om Heckmair te skiet.
• Die twee Amerikaners staan tereg op die moord op Heckmair, wat in 2011 met een skoot deur die kop in Gusindestraat in Windhoek doodgeskiet is terwyl hy agter die stuur van sy voertuig gesit het.
Heckmair se selfoon en beursie was gesteel. Sy beursie het sowat 100 Switserse frank in gehad.
Thomas en Townsend verskyn elk op een klag van moord, ’n klag van roof met verswarende omstandighede, drie klagte van die oortreding van die ammunisiewet en een klag van regsverydeling en/of poging tot regsverydeling.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!