Heckmair-verhoor verder vertraag
Stefan Noechel van die Allgemeine Zeitung berig:
Die verhoor van die Amerikaanse beskuldigdes, mnre. Marcus Thomas en Kevin Townsend, wat na bewering in 2011 vir mnr. André Heckmair in Windhoek doodgeskiet het, moes gister in die Windhoek-hoërhof hervat.
Me. Lilian Mbaeva is op 23 Maart deur die direktoraat van regshulp as Thomas se nuwe regsverteenwoordiger aangewys en regter Christie Liebenberg het haar tot 13 April gegun om op hoogte van die saak te kom.
Mbaeva het gister vir bykomende uitstel gevra om haar kliënt behoorlik te verdedig.
Sy het gesê daar is steeds hofdokumente soos lêers met bewyse waartoe sy nie toegang het nie. Sy het ook gesê sy het nog nie al die dokumente van Thomas se vorige prokureur, mnr. Braam Cupido, ontvang nie. Mbaeva beweer ook sy kon nog net twee keer met Thomas konsulteer.
Adjunk-aanklaer-generaal Antonia Verhoef het gesê die 21 getuies wat die staat reeds geroep het se eedsverklarings alleen beslaan meer as 1 200 bladsye. Sy het opnuut kapsie teen die herhaaldelike vertragings in die saak gemaak.
Liebenberg het die saak tot 5 Julie uitgestel.
In die foto is Mbaeva besig om met Thomas te gesels. Foto: Stefan Noechel

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie