Heerser van Dubai se vrou vlug na Brittanje
Prinses Haja Bint al-Hoessein, vrou van sjeik Mohammed bin Rasjid al-Maktoem, het landuit gevlug en woon nou glo in Londen, berig die BBC.
Prinses Haja Bint al-Hoessein, sesde en “junior” vrou van die heerser van Dubai, sjeik Mohammed bin Rasjid al-Maktoem (69), het landuit gevlug en woon nou glo in Londen, berig die BBC.
Sjeik Mohammed, die miljardêr-resiesperdeienaar en een van die rykste mense ter wêreld, het ’n gedig op Instagram geplaas oor haar verraad. Verder kan daar slegs bespiegel word oor hoekom prinses Haja (45) gevlug het.
Sy is in Jordanië gebore en in Brittanje opgevoed en is in 2004 met sjeik Mohammed getroud.
Sy is die halfsuster van koning Abdoellah van Jordanië.
Prinses Haja het glo aanvanklik met haar twee kinders na Duitsland gevlug waar sy om asiel wou aansoek doen, maar woon glo nou in ’n huis ter waarde van R1,4 miljard in Kensington Palace Gardens in Londen.
Sy maak haar gereed vir ’n hofsaak teen haar man, berig The Telegraph.
Na bewering vrees Haja “vir haar lewe” en het sy gevlug weens “ontstellende feite agter die terugkeer na Dubai van Sjeitsja Latifa, een van Mohammed se dogters.
Latifa, een van Mohammed se 23 kinders by verskeie vroue, het in Februarie 2018 met die hulp van ’n Fransman per boot uit die Verenigde Arabiese Emirate gevlug, maar die boot is deur gewapende mans naby die kus van Indië onderskep en teruggeneem na Dubai.
Sy is vir tien maande glad nie gesien nie, terwyl gerugte die ronde gedoen het dat haar pa haar gevange hou.
VOEL NIE VEILIG NIE
Die Verenigde Arabiese Emirate se ministerie van buitelandse sake het in Desember foto’s van haar uitgereik waar sy saam met Mary Robinson, voormalige hoë kommissaris van die Verenigde Nasies, sit ná ’n ontmoeting tussen die twee.
Waar prinses Haja ná die voorval met Robinson Dubai se reputasie probeer beskerm het, het Haja glo intussen nuwe feite oor die voorval bekom, berig die BBC.
Sy voel nie meer veilig nie en het dus gevlug. Sy is nou volgens ’n bron na aan haar bang sy word ook ontvoer en na Dubai teruggeneem.
Sjeik Mohammed se gedig op Instagram verwys na ’n ongenoemde vrou wat hy van ontrouheid en verraad beskuldig.
Die gedig word as “verskriklik” beskryf, berig The Daily Beast.
Die publikasie het vertalers gevra of die gedig in Arabies net so erg is as die vertaling in Engels en daar is gesê “dit is eintlik erger”.
Die titel is “Jy het gelewe en jy is dood” en gaan hoofsaaklik oor verraad.
“Jou verraaier, jy het die kosbaarste vertroue verraai en jou spel is nou ontbloot.
“Jou dae van leuens is oor en dit maak nie saak wat ons was en wat jy is nie.
"Jy het jou perd vrye teuels gegee.
"Jy is nie meer enige plek by my nie/gaan na hulle met wie jy besig was/En laat dit goed wees vir jou/ek gee nie om of jy leef of sterf nie.”
Die gerugte is dat Mohammed siviel van haar sal skei. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie