Hef regulasies op, pleit sakelui in Noorde
Tuyeimo Haidula op Oshakati – Die voormalige voorsitter van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI), mnr. Veikko Haimbodi, het gesê die regering moet die Covid-19-regulasies ophef, omdat dit sakebedrywighede belemmer.
Volgens hom het besighede gehoop om teen dié tyd van die skade te herstel, maar die aandklokreël ontwrig steeds bedrywighede.
“Die aantal gevalle neem toe wat van Covid-19 herstel, maar besighede bly gesluit,” het hy gesê.
Haimbodi is van mening die regering moet mense aanmoedig om ingeënt te word en besighede toe te laat om oop te bly.
“Ons verloor ons huise en motors en is nie in staat om munisipale rekeninge te betaal nie weens 'n gebrek aan voldoende inkomste. Maatskappye gaan bankrot, maar die regering is stil en benadruk die aandklokreël. Hulle moet besef mense in die land is nie gelukkig nie, want hul weet nie hoe om te oorleef nie,” het hy gesê.
Haimbodi, wat self 'n sakeman is, sê sy onderneming in die konstruksiebedryf moes 37 werknemers afdank, omdat hul masjinerie nie verhuur word nie.
“Die masjiene staan ledig, want ons het geen werk om te doen nie. As gevolg hiervan moes ons mense huis toe stuur – 'n baie pynlike ding om te doen,” het hy gesê.
Haimbodi het die regering versoek om kroeë, volgens hul dranklisensies, op Sondae te laat werk.
“Mense kom bymekaar en dit word nie beheer nie. Nie eens deur die polisie nie en dis onregverdig dat besighede as gevolg van regulasies gesluit moet bly,” het hy gesê.
BESKERM MENSE
Intussen het die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Ben Nangombe, gesê die huidige regulasies verval aan die einde van die maand en die regering sal dan weer 'n aankondiging maak of daar veranderinge aangebring gaan word.
Hy erken die pandemie het ontwrigting in die lewens van baie Namibiërs veroorsaak, maar benadruk die doel van die maatreëls is om lewens te red.
“Ons sien tans 'n toename in sterftes en hospitaalopnames. As ons nie lewens beskerm nie, sal besighede nie kliënte hê nie. Dit is beter om tydelike pyn te verduur terwyl ons die gevolge van die virus onderdruk. Dit sal betreurenswaardig wees as ons die stelsel, wat blyk te werk, wil verander,” het hy gesê.
Nangombe het verwys na die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se vooruitskatting dat Namibië tussen Maart 2020 en Maart 2021 byna 184 000 gevalle kon aanteken, maar weens die instelling van die maatreëls het die land slegs sowat 50 000 gevalle gehad.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie